Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
1 van 3 vermiste kleuters opgespoor
Polisielede fynkam ’n vlak dam in die Motherwell-gebied, naby die veld waar die kinders vermis geraak het. Foto: Lulama Zenzile
Gemeenskapslede stap Woensdag deur die bosse in Motherwell op soek na die vermiste seuns. Foto: Lulama Zenzile

Een van die drie vermiste kleuters in Motherwell, Port Elizabeth, is Woensdagmiddag naby ’n steengroef gevind.

Die drie seuns, waarvan twee nefies is en nie boeties soos vroeër berig is nie, het Dinsdagmiddag vermis geraak.

Linamandla Zenzile (3) is Woensdagmiddag opgespoor toe hy deur werkers van die steengroef langs die pad tussen Motherwell en Uitenhage opgemerk is.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die werkers het die Uitenhage-polisiekantoor ná 14:00 gekontak toe hulle die seun langs die pad sien sit.

Othandwayo Zenzile (4) Foto: Verskaf
Linamandla Zenzile (3) Foto: Verskaf
Nande Nombewu (3). Foto: Verskaf

Die polisielede het die kind gaan oplaai en na die Motherwell-polisiekantoor geneem, waar hy as een van die drie vermiste seuns uitgeken is. Hy is daarna in ’n hospitaal opgeneem om medies ondersoek te word.

Naidu sê volgens die kind het hulle Dinsdagmiddag verdwaal toe hulle gaan stap het.

Hulle het blykbaar Dinsdagnag in die bosse geslaap.

Die seuns is Dinsdag omstreeks 12:15 laas saam in ’n oop veld in die NU-29-woonbuurt naby ’n gemeenskapsaal sien speel. Omstreeks 15:00 het die ma van een van die kinders na hulle gaan soek en besef hulle is nie meer in die veld nie.

’n Soektog deur familie en vriende daardie middag was onsuksesvol. Die kinders is omstreeks 22:00 as vermis aangemeld, waarna daar met ’n volskaalse soektog begin is.

Naidu het Woensdagmiddag gesê dit is nog nie duidelik hoe Linamandla en die ander twee seuns geskei is nie.

“Die soektog is nou met mening verskerp. Die honde-eenheid fynkam die bosse rondom die gebied waar die seun gevind is. ’n Helikopter word ook in die soektog gebruik,” sê Naidu.

Othandwayo Zenzile (4), Linamandla se nefie, en Nande Nombewu (3) was teen 18:00 steeds vermis.

Enigeen wat met die opsporing van die kinders kan help, kan speurkapt. Shaun Harmse by 082 442 1232 bel.

Meer oor:  Motherwell
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.