Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Maandag, 11 Februarie 2019

As jy nie vandag kans gehad het om op hoogte te bly van die jongste nuus nie - hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste nuusgebeure.

1. REGSTREEKS: Zondo-span kon nie Mentor se beskrywings bevestig

Vytjie Mentor, 'n voormalige ANC-LP, het Maandag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig. Sy is die eerste getuie wat by dié kommissie in kruisverhoor geneem is. 

hoërskool driehoek
Die Hoërskool Driehoek het Maandag 'n gesamentlike gedenkdiens vir die slagoffers van die onlangse brugtragedie gehou.

2. REGSTREEKS: Driehoekleerlinge finaal gegroet

Die Hoërskool Driehoek het Maandag 'n gesamentlike gedenkdiens vir die slagoffers van die onlangse brugtragedie gehou. Vier leerlinge is dood en meer as 20 beseer toe ’n loopbrug wat twee geboue verbind op 1 Februarie by dié skool ineengestort het. Die vier oorledenes is Marli Currie (14), Jandré Steyn (13), Roydon Olckers (17) en Marnus Nagel (16). Minstens 2 500 rouklaers word verwag. 

Lees ook:

Brugtragedie: Só gaan dit met beseerdes

Brugtragedie: Nog 'n terugslag vir Cheverné

3. Moord op Lutzville-boer raaiselagtig

“Ek is steeds net so in die duister soos toe ek gister (Sondag) die tyding van my broer se dood gekry het.” So het Herman Louw, broer van die druiweboer Jaco Louw (57) van plaas 51 buite Lutzville aan die Weskus, Maandag gesê.

4. Beurtkrag: Maak gereed vir ’n donker week

Haal die kerse uit en maak seker die gassilinder is vol want dié week gaan jy dit waarskynlik dikwels nodig kry. Eskom het van Sondag af vir die eerste keer dié jaar weer beurtkrag ingestel.

Lees ook:

Almal wil weet wanneer krag af is – webwerwe vou

5. Lokval vir metropolisie: Gewonde konstabel geopereer

Een van die twee metropolisiebeamptes wat Maandag in die vroeë oggendure naby die Borchards Quarry-wisselaar op die N2 in Kaapstad geskiet is, is Maandagmiddag geopereer om ’n koeël uit sy lyf te haal.

6. KYK: Inbrekers dra huis in Plattekloof leeg

’n Egpaar van Plattekloof, Kaapstad, is die josie in vir die polisie nadat hulle oor die naweek twee mans wat vermoedelik by hul huis ingebreek het, sonder enige ondersoek vrygelaat het.

7. Musgrave, Lady Gaga, Soweto Gospel Choir spog met Grammys

Die Soweto Gospel Choir het die Grammy-prys vir beste wêreldmusiek met hul album Freedom opgeraap. Die koor het ook in 2007 en 2008 die prys vir beste tradisionele wêreldmusiekalbum ontvang.

8. Bulle: Dié 5 bestanddele nodig vir sukses

'n Mens kan Bulle-ondersteuners nie verkwalik dat hulle maar bra koud voel oor die span se vooruitsigte in vanjaar se Superreeks nie.

9. KYK: Baba uit drein gered

'n Pasgebore babameisie is Maandagoggend ná 'n drie uur lange reddingsoperasie uit 'n stormwaterdrein in Durban gered.

10. Ma geskiet, toe kom die baba

’n Vrou van Middelburg het slegs enkele ure nadat sy en haar kêrel deur rowers aangeval en geskiet is die lewe geskenk aan hul seun.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.