Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: 16 September 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories: 16 September 2020.

1. Spar-voorval: 2 bly in aanhouding

Die twee Spar-werknemers wat van die moord op ’n man van Carolina aangekla word, sal tot 12 Oktober in aanhouding moet bly.

Lees ookSlagoffer van Spar-voorval voor sy dood uit hospitaal ontslaan

2. Plaaslike verkiesing dán gehou

Volgende jaar se plaaslike verkiesing moet tussen 3 Augustus en 3 November gehou word. Daarom is die Verkiesingskommissie (OVK) druk besig met sy voorbereidingswerk om dit suksesvol te laat geskied, sê Glen Mashinini, OVK-voorsitter.

3. Eskom sê weer: Oberholzer het niks verkeerd gedoen

Eskom het die derde keer bevind dat daar geen waarheid in die klagtes teen Jan Oberholzer, sy bedryfshoof, steek nie.

4. KSA-raadslid word ondersoek ná sy borg kap

Dr. Eugenia Kula-Ameyaw, ’n onafhanklike raadslid van Krieket SuidAfrika (KSA), gaan deur die beheerliggaam se etiekkomitee ondersoek word ná ’n twiet waarin sy een van KSA se borge kritiseer

5. Hiermee beboet ek jou vir alles van die beste ...

Tania van Twisk, wat in ’n rolstoel is ná ’n ernstige motorongeluk sowat nege jaar gelede waarin sy haar rug gebreek het, trou op 17 Oktober met Read van Zyl.

’n Tshwane-metropolisiebeampte het Saterdagaand met Tania van Twisk (35), ’n deeltydse model in ’n rolstoel, se henneparty vir haar ’n kaartjie geskryf, maar dit was nié ’n verkeersboete nie.

6. MRK wil EFF vasvat oor haatspraak op sosiale media

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) wil Julius Malema, EFF-leier, en sy party voor die gelykheidshof daag oor plasings in 2019 op sosiale media wat glo op haatspraak neerkom.

7. Clicks ‘werk saam met taakspan van ministers’

Die Clicks-winkelgroep sal glo met ’n interministeriële taakspan saamwerk om ’n beoogde ooreenkoms oor transformasie en die ontwikkeling van die plaaslike skoonheidsektor toe te pas.

8. Vonke spat oor planne vir Stellenbosch-manskoshuis

Dawid veg teen Goliat, maar Dawid se arms is vasgebind en sy bene by sy knieë afgesit. So beskryf voormalige inwoners hul gevoel oor die Universiteit Stellenbosch (US) wat “in alle waarskynlikheid” die manskoshuis Huis Marais van gedaante laat verander.

9. ‘Skrap’ ranglys en ‘help’ Bokke, vra All Black-breier

Die All Black-afrigter se oplossing vir vrese dat die Springbokke vanweë die nagevolge van die Covid-19-pandemie hul status as die voorste rugbyland in die wêreld kwyt kan wees, is dat Wêreldrugby vanjaar wegdoen met sy ranglys.

10. Skrywer van omstrede boek oor Tsafendas wen Britse prys

Harris Dousemetzis, skrywer van die omstrede boek The Man Who Killed Apartheid: The Life of Dimitri Tsafendas, het onlangs die Fage & Oliver-letterkundeprys gewen. Dié prys word deur die Vereniging vir Afrikastudies in die Verenigde Koninkryk toegeken aan ’n werk wat met Afrika verband hou en wat in die vorige twee jaar verskyn het

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.