Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: 18 Junie 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op 18 Junie 2021.

1. Dís dalk hoekom SA variant nog oorheers

Hoewel die Alpha- en Delta-variant van die koronavirus ook in Suid-Afrika voorkom, is die land se eie Beta-variant steeds die oorheersende virusvariant hier, het die gesondheidsdepartement Vrydagoggend op ’n mediakonferensie gesê.

2. Skole: Dís wat Angie die naweek moet sê

Inentings vir onderwysers en die plan met skole te midde van die derde vlaag koronavirusinfeksies is van die kwessies wat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, na verwagting Saterdag gaan takel.

3. SA studie mag nou kyk of dagga pyn, stres hokslaan

Duisend vrywillige Suid-Afrikaners gaan deelneem aan die land se eerste navorsingstudie oor die uitwerking van medisinale dagga op mense se pyn- en spanningsvlakke.

4. Afgedank oor inenting? ‘Solidariteit sal hof toe’

Solidariteit sê hy sal werkgewers hof toe vat as hulle mense ontslaan wat nie ingeënt wil word nie. Die vakbond sê in ’n verklaring die departement van indiensneming en arbeid maak dit self baie duidelik dat werknemers mag weier om ingeënt te word. Redes wat hulle mag aanvoer, sluit in die reg op liggaamlike integriteit en geloofsoortuigings.

5. Skietdood van skoolhoof: ‘Skole moenie slagvelde word’

Skole moenie slagvelde word nie. Dít is die woorde van Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, in reaksie op die skietdood Vrydagoggend van die skoolhoof van Buyani Primary School in Finetown, Johannesburg.

6. 1ste swart SA ryer gaan in Tour de France trap

Nicholas Dlamini sal aanstaande week die eerste swart Suid-Afrikaner word wat aan die Tour de France deelneem. Foto: Qhubeka Assos

Wanneer die Tour de France aanstaande week begin, sal Nicholas Dlamini die eerste swart Suid-Afrikaanse fietsryer word wat aan die wêreld se beroemdste en mees prestigeryke fietswedren deelneem.

7. Haker heet ‘prostituut’ in artikel-flater

Weens ’n yslike fout in ’n opskrif deur ’n Amerikaanse nuuswebwerf is die Engelse klubspan Leicester Tigers se haker en kaptein, Tom Youngs, as ’n “prostituut” beskryf.

8. Aandklok: Hoe gemaak as jou vlug ná 22:00 land?

Suid-Afrikaners wat tydens die vlak 3-inperking met vliegtuie reis, hoef nie te vrees dat vlugte se aankoms- en vertrektye hulle in die moeilikheid kan laat beland nie. Pres. Cyril Ramaphosa het die land dié week na vlak 3 van die nasionale staat van inperking geskuif en die aandklokreël verleng.

9. As Nampo weg is, maak ’n boer ’n plan!

Jy kan nie vanjaar na Nampo gaan nie; Nampo kom na jou toe. Michris Janse van Rensburg, ’n boer van Bultfontein wie se Backsaver-werktuie jaarliks op die landbouskou by Bothaville te sien is, hou op die plaas Mooiuitzicht sy eie virtuele Nampo, wat hy wêreldwyd versprei. Só werk sy ’n Boer maak ’n plan-Nampo, berig Charles Smith.

10. Kaunda: Afrika-reus met vele paradokse

kenneth kaunda
Oudpres. Kenneth Kaunda van Zambië woon in April 2004 die inhuldiging van pres. Thabo Mbeki in Pretoria by. Foto: Reuters

Kenneth Kaunda se tyd op die wêreldverhoog word deur teenstellings gekenmerk. Tog meen Gavin Evans dat die geskiedenis hom as een van Afrika se grootste leiers sal onthou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.