Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: 20 Januarie 2020

Kom op die hoogte van die belangrikste nuusstories op Maandag 20 Januarie 2020. 

1. Nog geen einde in sig vir SA se stadige internet

Die Léon Thévenin, die skip wat herstelwerk aan twee ondersese kommunikasiekabels moet doen wat die internet na Suid-Afrika bring, was Maandagmiddag steeds in die Kaapse hawe vasgemeer.

2. Geldwette geteken, maar vrae oor SAL se deel

Wetlik gesproke het die regering nie meer ’n verskoning om nie nou met geld vorendag te kom om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) uit sy kontantvloeikrisis te red nie

3. Hartseer Harry: ‘Dis nie wat ons wou gehad het’

Die uiteinde van die onderhandelinge tussen prins Harry, hertog van Sussex, sy vrou, Meghan, hertogin van Sussex, en die Britse koningshuis oor hoe die egpaar voortaan hul lewe gaan lei, is nie wat Harry wou gehad het nie.

4. Hospitaal bevestig babasterftes

Tien babas is tussen 1 November en 31 Desember verlede jaar in die Tembisa-hospitaal aan Gautengse Oos-Rand dood nadat hulle antibiotikaweerstandige bakteriële infeksies opgedoen het.

5. Kapers skiet vrou voor haar man by winkelsentrum dood

'n Vrou van Honeydew aan die Wes-Rand is Vrydagaand voor haar man by 'n winkelsentrum naby haar huis in 'n mislukte motorkaping doodgeskiet. Dit was net enkele ure nadat hulle teruggekeer het van Stellenbosch waar hulle hul seun by die universiteit gaan afsien het. 

6. Wanderers dalk Faf se laaste tuistoets

Faf du Plessis gaan waarskynlik van Vrydag af in sy laaste toets op tuisbodem speel.

7. Parktown-tragedie: Seuns Maandag vroeg huis toe

Die leerlinge van die Parktown Boys’ High School (PBHS) in Johannesburg het Maandag berading ontvang na die dood van Enock Mpianzi (13) wie se lyk Vrydag aan die oewer van die Krokodilrivier gekry is.

8. Wie se veganistiese wors is die lekkerste?

Al hoe meer Suid-Afrikaners neig deesdae na ’n dieet wat “alternatiewe vleisprodukte” insluit. Dié skynbaar veganistiese benadering tot kos dwing supermarkgroepe om al hoe meer plantprodukte te bied wat proe en lyk soos vleis, maar geen diereprodukte bevat nie.

9. KYK: Djokovic word 6de lid van Klub 900

Novak Djokovic stel waarskynlik net in die syfer “agt” belang, maar dié Serwiese tennisster het nietemin Maandag in Melbourne ’n klompie ander mylpale in sy eerste wedstryd van vanjaar se Australiese Ope bereik.

10. Centurion-beskuldigde se ouers staan hom by

Colson Phelps se gesin staan “in elke moontlike opsig” by hom. “Ons aanvaar dat die reg sy gang moet gaan en ons bid vir gepaste versagting, sou hy skuldig bevind word,” lui ’n verklaring van sy ouers, Colin en Grietjie Phelps.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.