Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: 20 Oktober 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op 20 Oktober 2020.

1. Eksklusief: Kilian se pa praat openhartig ná moord op speurder

Zane Kilian (39), beskuldigde in die moordsaak van lt.kol. Charl Kinnear (52), se pa het Maandag vir die eerste keer oor sy seun se inhegtenisneming gepraat. Kilian het eksklusief aan Netwerk24 vertel oor sy bittere ontevredenheid omdat sy seun al amper 30 dae in aanhouding is sonder dat hy om borgtog aansoek kon doen.

2. ‘Duurder krag kom, of SA daarvan hou of nie’

As jy nie wil hê dat jou kragrekening die hoogte in moet skiet nie, gebruik elektrisiteit meer spaarsaam. Dit is André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, se raad Dinsdag aan individue en maatskappye.

3. KYK: Boer kritiek ná hy erg brand in gestigte veldbrand in Vrystaat

’n Boer wat Maandagmiddag gehelp het om die vlamme van ’n verwoestende veldbrand by Hertzogville in die Vrystaat onder bedwang te bring, is erg gebrand en tans in ’n kritieke toestand in die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein. Hy word behandel vir derdegraadse en tweedegraadse brandwonde, asook rookinaseming.

4. Horner-saak: Persoon gedreig wat verklaring afgelê het

’n Getuie wat ’n verklaring in die moordondersoek van Brendin Horner (22) afgelê het, het reeds ’n dreigement gekry. Dit het aan die lig gekom tydens die borgtogaansoek van die twee beskuldigdes, Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa, Dinsdag in die landdroshof in Senekal. 

5. TV-lisensie jou voorland – al kyk jy nét Netflix

Die SAUK het Dinsdag aan die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie voorgestel verskaffers van betaaltelevisiedienste, insluitende DStv maar ook Netflix, moet begin om lisensiegelde namens die openbare uitsaaier van kykers te verhaal.

6. Oudkolonel glo vrygelaat wat nie eens derde van tronkstraf uitdien

Is ’n voormalige polisiekolonel vrygelaat wat vuurwapens in polisiebesit gesteel en aan onder meer Kaapse bendes verkoop het nadat hy minder as ’n derde van sy tronkstraf uitgedien het? Christiaan Prinsloo (59) van Vereeniging is volgens betroubare bronne glo reeds in April uit ’n Vrystaatse gevangenis, waar hy laaste aangehou is, vrygelaat

7. Duduzane moedig sy pa aan om ‘te doen wat nodig is’

Oudpres. Jacob Zuma se seun Duduzane Zuma het sy pa aangemoedig om “te doen wat hy moet doen” as hy voel hy word op ’n ongrondwetlike manier deur die Zondokommissie behandel.

8. Gerrit Schoonhoven sterf

Die regisseur en akteur Gerrit Schoonhoven is oorlede. Sy lewensmaat, Marius Meyer, en ’n goeie vriend, die akteur Kevin Smith was by hom.

9. Gaan ‘klein Lomu’ ná jaar steeds sy stempel afdruk?

Ná die All Blacks se oorwinning die afgelope naweek is die naam Caleb Clarke op almal se lippe, maar volgens Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke, is die vraag of hy oor ’n jaar steeds so ’n groot impak sal hê.

10. Aksieheld red chihuahua ná papiere-drama

Die bekende Hollywoodse aksierolprentheld Jean-Claude Van Damme het gehelp om ’n drie maande oue chihuahua-hondjie, Raya, se lewe te red. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.