Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: 22 Maart 2021

Hier is die 10 moet-lees-stories op 22 Maart 2021.

1. Jimmy Abbott: Groot man met ’n klein hart

jimmy abbott
Jimmy Abbott en sy vrou, Annette. Foto: Verskaf

Hy was ’n groot man met ’n klein hart. So sal die voormalige Suid-Afrikaanse swaargewigbokskampioen Jimmy Abbott (61) se vrou, Annette (59), hom onthou. “Hy was eintlik soos ’n groot teddiebeer en het baiee makliker gehuil as ek. Ek dink hy het vir so baie mense iets beteken en vir hulle gebid.”

2. Studie: AstraZeneca is 100% effektief in ernstige Covid-gevalle

AstraZeneca en die Universiteit van Oxford se entstof teen Covid-19 was 79% doeltreffend in die voorkoming van simptomatiese infeksies in ’n groot proefneming in Chili, Peru en die Verenigde State, het die maatskappy Maandag gesê.

Die entstof was ook 100% doeltreffend en veilig teen ernstige of kritieke Covid-19- gevalle en hospitalisasie, luidens die studie.

3. Zondo: ‘Ek het nié R10 m. gekry, ’ sê Brown

Lynne Brown Foto: Daily Sun

Dit is glad nie waar dat sy R10 miljoen van iemand gevra of ooit R10 miljoen gekry het nie, het Lynne Brown, oudminister van openbare ondernemings, Maandag gesê.

4. ‘Daar is hoop, ’ sê Cyril oor Eskom

Eskom se tegniese, bedryfs- en finansiële lewensvatbaarheid is aan die herstel. “Ons maak vordering en ons pogings bou momentum op,” sê pres. Cyril Ramaphosa Maandag in sy jongste nuusbrief.

5. Reserwebank los straks koers net waar hy is

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal rentekoerse na verwagting vandeesweek vir die vierde agtereenvolgende keer onveranderd op sy rekordlaagtepunt hou. Al 15 ekonome wat aan ’n Bloombergpeiling deelgeneem het, verwag die Reserwebank se monetêrebeleidskomitee sal Donderdag die repokoers (die koers waarteen die Reserwebank geld aan kommersiële banke uitleen) onveranderd op 3,5% hou.

6. William ‘mis vir Harry’

Prins William en prins Harry in 2018. Foto: Getty Images

Prins William en sy broer, prins Harry, is nie as vriende uitmekaar ná die Sandringhamberaad verlede jaar nie. Die twee broers het gaan stap nadat hulle saam met hul ouma, koningin Elizabeth, en pa, prins Charles, oor Harry en sy vrou, Meghan, se besluit gepraat het om as senior koninklikes terug te staan.

7. 1 000de mense ontruim huise in Sydney ná vloede

’n Verlate voertuig is gedeeltelik onderwater in die vloedwaters in Windsor in Nieu-Suid-Wallis, Australië. Foto: Reuters/Loren Elliott

Nog duisende mense sou Maandag uit die westelike voorstede van Sydney ontruim word nadat die ergste oorstromings in 60 jaar dié stad getref het. Stortreën word ook nog vir ’n dag of twee verwag.

8. ‘Landdros’ wat gratis in gastehuis bly, kry tronkstraf

’n Man van Welkom wat hom in die inperking as ’n landdros voorgedoen en ’n luukse gastehuis in die Vrystaat uit duisende rande bedrieg het, is in die landdroshof effektief tot agt jaar tronkstraf gevonnis. Tsietsi Thato Mofokeng (40) het in die landdroshof in Ficksburg vroeër skuld beken op vier aanklagte van bedrog en ’n aanklag van diefstal.

9. Weerlig slaan branderplankryer dood

Die branderplankryer Katherine Diaz is deur weerlig doodgeslaan terwyl sy voorberei het vir ’n kwalifiseringstoernooi vir die Olimpiese Spele.

10. Koningin wys dalk seun as Zoeloekoning aan

Koningin Mantfombi MaDlamini Zulu is die tussentydse leier van die Zoeloes. Sy sal besluit wie die nuwe koning word ná die dood van koning Goodwill Zwelithini (72) op 12 Maart. Hy is verlede week ter ruste gelê nadat hy lank met Covid-19 in die hospitaal was.

Meer oor:  Prins William  |  Jimmy Abbott  |  Prins Harry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.