Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: 6 Julie 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op 6 Julie 2020.

1. Uitblinker-matriekseun van Brandfort skiet homself

“Ons hart is gebreek. Hy was die mooiste seun en sy klasmaats is baie getraumatiseer.”

André Jordaan (18), wat Vrydag sy eie lewe geneem het.

2. Rooftog by kafee: Vrou sterf in lewensmaat se arms

Allan Wolmarans (54) se jare lange lewensmaat, Marthie Rademeyer (44), is Sondagaand ná ’n gewapende rooftog in die gebied tussen Pyramid en Hammanskraal, noord van Pretoria, in sy arms dood.

3. Kleuterskole kan dadelik heropen

Kleuterskole wat “toepaslike en/of voorgeskrewe veiligheidsmaatreëls ingestel het” mag dadelik hul deure heropen, het regter Hans Fabricius Maandagoggend in die hooggeregshof in Pretoria beslis.

4. Covid-19: Kaapse speelplek van Madonna, DiCaprio moet sluit

Bruce Gordon, eienaar van die ikoniese Kaapstadse kroeg Jo’burg Bar, vertel aan Murray La Vita dié kroeg, waar mense soos Madonna en Leonardo DiCaprio rinkink het, het nie die pandemie oorleef nie – dit sluit nou en die groot en kosbare kunsversameling daarin word opgeveil.

5. Parktown Boys: ‘Kom ons arresteer hierdie monster’

In September 2018 is Collan Rex, die voormalige waterpolo-afrigter by Parktown Boys’ High, skuldig bevind aan onder meer 144 aanklagte van seksuele aanranding. Hier volg die voorwoord van Brutal School Ties, waarin Sam Cowen oor dié skool se ‘kultuur van geweld en inisiasie, versluier in ’n kode van stilte’ skryf.

6. Nou moet dié instelling met R3 mjd. gered word

Die Reserwebank het Vrydag ’n waarborg van R3,4 miljard uitgereik as 'n reddingsboei aan sy filiaal, die Korporasie vir Openbare Deposito’s (CPD).

7. Mike Schüssler: Só kan staat nie ongelykheid oplos

Die lande met die hoogste ongelykheid het ’n paar ekonomiese aanwysers in gemeen wat lyk of hulle onverwant is en waarna ontleders oor ongelykheid baie selde verwys.

8. Knights-speler sonder simptome tot dusver

Een van die Knights-krieketspelers wat positief getoets is vir die Covid-19-virus, is tot dusver asimptomaties.

9. Legendariese spelers help in Cheetah-wêreld met kospakkies

Van die grootste name in die Suid-Afrikaanse rugbybedryf het Sondag in die Cheetah-wêreld byeengekom om kospakkies vir hulpbehoewende gesinne te vul.

10. KYK: Emma huldig Van Gogh met eie weergawe van lied

Die Kaapstadse sanger Emma van Heyn gee nuwe betekenis aan die liedjie “Starry Starry Night” oor die kunstenaar Vincent van Gogh.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.