Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: 7 Julie 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op 7 Julie 2020.

1. Covid-19 knou Media24 – oorweeg sluitings

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante net digitaal uit te gee en personeel in steundienste-afdelings te verminder.

2. LUR se skielike dood aan Covid-19 stuur skokgolwe

Gordon Kegakilwe se skielike dood aan Covid-19 is ’n groot verlies omdat hy ’n toegewyde regeringsamptenaar, mentor vir baie en selfs onder opposisiepartye gerespekteer was.

3. Kloue uit vir staatswerkers se aftreegeld

Die oorskot in die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF), die geld van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), en selfs ’n betalingsvakansie aan die Staatspensioenfonds (GEPF) kan miljarde rande ontsluit om die regering te finansier.

4. Reusesoektog nadat 3 vuurwapen op boer rig

’n Reusesoektog is Dinsdagoggend begin nadat drie mans ’n vuurwapen op ’n plaaseienaar buite Wolseley in die Wes-Kaap gerig het.

5. 1 800 van Game kan ook hul werk verloor

Die kleinhandelgroep Massmart het aangekondig sowat 1 800 personeel by Game kan geraak word in ’n herstruktureringsproses wat begin is.

6. Spietkops ry kapers se planne in die wiele

Vier gewapende rowers wat Maandag ’n voertuig in Kaapstad probeer kaap het, se planne is gefnuik toe verkeersbeamptes hulle op heter daad betrap het.

7. Trump vir ondersteuners ‘beste ding sedert Christus'

Pres. Donald Trump is in die moeilikheid. Vier maande voor die verkiesing is hy só ver agter dat selfs stoere Republikeine vrees dat hy kan verloor, skryf Leopold Scholtz.

8. Rugbykampioenskap nog 'n moontlikheid vir 2020

Moet nog nie die Rugbykampioenskap afskryf vir 2020 nie, want dit kan so vroeg soos Oktober dalk selfs plaasvind.

Die John Kani-teater in die Markteater. Foto: Suzy Bernstein

9. Ondanks toegewings bly dié teaters gesluit

Terwyl fliekteaters oor die pad vorentoe vergader, bly talle teaters se deure steeds toe nadat hulle die groen lig van die regering gekry het om sake te hervat.

10. Dis-Chem moet R1,2 m. opdok oor gesigmaskers

Dis-Chem is Dinsdag skuldig bevind dat hy buitensporige pryse vir gesigmaskers gevra het. Die apteekgroep is met R1,2 miljoen beboet.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.