Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: 8 April 2020

1. SA paartjie trou toe maar op strand in Perth

Van ’n beplande bruilof met 130 gaste tot ’n intieme seremonie op die strand met net vyf mense teenwoordig.

2. Inperking: Dít pla oor maatreëls

Dit lyk of Suid-Afrikaners oor die algemeen gehoor gee aan die inperkingsmaatreëls wat ingestel is om die verspreiding van die Covid-19- virussiekte te bekamp. Tog het baie van hulle ’n probleem met hoe die maatreëls toegepas word, skryf Pieter Labuschagne.

3. Bloem-egpaar in Maledive vasgekeer – teen ’n prys

Om alleen gestrand te wees op ’n idilliese eiland klink na ’n droom. Totdat jy teen hoë koste daar vasgekeer is en weens die wêreldwye inperking nêrens heen kan gaan nie.

Raul en Olivia de Freitas.
Raul en Olivia de Freitas.

4. Voormalige Mej. SA-dokters spring in teen Covid-19

Drie van die voormalige wenners van die Mej. SA-kompetisie oor die afgelope ses jaar het as dokters gekwalifiseer en van hulle spring nou in om die Covid-19- pandemie die hoof te bied.

5. Bel nou sonder lugtyd op Cell C, maar...

Mense met selfone op die Cell Cnetwerk kan nou ’n oproep maak selfs al het hulle geen lugtyd nie. Die vangplek is, die persoon wat bel sal nie met iemand kan praat nie.

6. Trump beskuldig medici van vals nuus

Pres. Donald Trump het ’n verslag deur die Amerikaanse departement van gesondheid oor die tekorte in hospitale wat nou moet bontstaan om die koronaviruspandemie in die land die hoof te bied van die verspreiding van vals inligting beskuldig.

7. ‘God seën julle,’ sê mans oor hulp ná hulle alles verloor

“Die Here is goed vir ons.” So sê ’n groep mans wat in Bloemfontein aangeval is in die middel van die inperkingstyd en alles verloor het – hul geld, klere en kos.

8. Covid-19: Laat jouself by dié Dis-Chems toets

Suid-Afrikaners wat vermoed hulle het Covid-19 onder lede kan nou daarvoor getoets word by Dis-Chem en die resultate ’n dag of twee later ontvang.

9. Begin van einde van lonende oorsese kontrakte?

Die eienaar van die Engelse rugbyspan London Irish sê hy moes verlede seisoen £4 miljoen van sy eie geld in die klub inpomp en glo die Covid-19-pandemie kan die einde beteken van die era van spandabelrigheid en onvolhoubare salarisse vir spelers.

10. KYK: Boerseun CJ oefen met skape, sakke voer op plaas

Ierland se Suid-Afrikaans gebore rugbyheld CJ Stander raak kreatief om fiks te bly tydens die nasionale inperking weens die Covid-19-pandemie.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.