Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: 8 Julie 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Woensdag 8 Julie 2020.

1. FOTO’S: Vragmotors op N1 aan die brand gesteek

Die N1 in die rigting van die Paarl buite Kaapstad was Woensdag teen 12:30 steeds vir verkeer gesluit nadat twee vragmotors omstreeks 01:45 aan die brand gesteek is.

2. Akteur vas oor smokkelsigarette

’n Bekende akteur wat ’n rol in ’n plaaslike sepie vertolk, is Woensdag in Polokwane in hegtenis geneem omdat hy glo in die besit van onwettige sigarette was.

3. WGO erken virus kan dalk in lug oorgedra word

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Dinsdag die mening van sommige wetenskaplikes gesteun dat lugoordrag van die koronavirus wat Covid-19 veroorsaak, wel moontlik is.

4. Wes-Kaapse premier toets positief

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, is in self-isolasie by die huis nadat hy positief getoets is vir Covid-19.

Cyril Ramaphosa
Cyril Ramaphosa

5. ‘NDZ-hulle gebruik pandemie om mat onder Cyril uit te ruk’ – DA-leier

Die faksie in die ANC wat ten gunste is van radikale ekonomiese transformasie, is besig om die Covid-19-pandemie te gebruik as rookskerm om die mat van regering onder pres. Cyril Ramaphosa se voete uit te ruk.

6. Nog steeds verlief op André Letoit

Toe sy hom die eerste keer sien, val daar nêrens ’n engel dood, lui die kerkklokke en skryf hy vir die res van sy lewe songs oor haar nie. Maar Koos Kombuis het Erla-Mari Diedericks in die jaar van die pestilensie laat besef sy is steeds ’n rebel.

7. Ontmoet Olympia Lightning Bolt

Usain Bolt, wenner van agt Olimpiese goue medaljes, het sy eersteling die eerste keer aan die wêreld voorgestel en ook haar unieke naam onthul.

8. KYK: 3 van SA tel onder rugby se grootste kanonpote

’n Groepie Suid-Afrikaners is ingesluit op ’n lys van rugbyspelers wat met die langste strafdoele en doelskoppe in die geskiedenis van sport geslaag het.

9. Eskom: Skakel af of ’n koue, donker aand lê voor

Eskom het die tweede dag ná mekaar twee opwekkingseenhede verloor.

10. RESEP: Kaassoufflé sonder die intimidasie, al die pronk

Moenie dat die idee van ’n soufflé jou koud laat nie, Errieda du Toit het ’n maklike resep om te probeer.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.