Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: 9 Julie 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Donderdag 9 Julie 2020.

1. Kaap van Storms lei tot kragprobleme

Sterk wind en reën wat Donderdagmiddag uitgesak het, het tot kragonderbrekings in dele van die Wes-Kaap gelei.

2. ‘Glee’-aktrise vermis op meer, seun (4) op boot gekry

Die Amerikaanse aktrise Naya Rivera (33), wat in die TV-reeks Glee te sien was, word vermis en het heel waarskynlik verdrink tydens ’n bootrit op ’n meer in Kalifornië.

3. ‘R32,06 miljard is verkwis’

Die verkeerde hande beheer steeds munisipaliteite se kasregisters, sê die ouditeur-generaal (OG) in sy verslag oor die onlangse munisipale boekjaar.

4. Gewilde datums vir plaasaanvalle in Julie

Deur by ’n paar reëls te hou kán die slagting op plase, hoewes en selfs in woonbuurte voorkom word.

5. Ou staatmaker keer terug na die Leeus

Die kat, of in hierdie geval die Leeu, kom weer.

6. Peiling onthul ‘swakste’ Super-skeidsregter

Nuwe uitslae van ’n anonieme peiling onder Nieu-Seeland se voorste beroepspelers dui aan wie die Superrugbyreeks se swakste skeidsregter is.

7. Redakteur se brief: Volksblad se joernalistiek leef voort

Saam met duisende lesers en oud-Vrystaters voel ek die verlies van Volksblad as ’n papierkoerant. Ek het immers met Volksblad grootgeword en my loopbaan as ’n 20-jarige in die einste redaksiekantoor begin.

Dié vragmotor het buite Villiersdorp omgewaai. Foto: Skermgreep

8. KYK: Vragmotor waai om in stormsterk wind

Die stormsterk wind en reën waarteen die Suid-Afrikaanse Weerdiens gewaarsku het, het die Kaap getref.

9. 2 SA skoonhede in voorste linie teen Covid-19

Twee van die Mej. SA top-15 semifinaliste is dokters wat tans aan die voorpunt staan van die stryd teen die Covid-19-pandemie.

10. ‘Isis se mag in Mosambiek dalk gou getoets’

Dit is dalk nie lank nie voordat die mag agter die dreigement van die Islamitiese Staat (Isis) jeens Mosambiek en ander lande in Suider-Afrika – insluitende Suid-Afrika – getoets word.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.