Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Woensdag1 April 2020

1. Pretoriase familie alleen in hotel in Phuket gestrand

’n Pretoriase familie van agt wat stoksielalleen in ’n hotel in Phuket in Thailand gestrand is, is desperaat om huis toe te kom nadat hul “droomvakansie” ’n onverwagse nadraai gehad het.

2. Ook Moody’s gradeer SA banke as ‘rommel’

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s Investors Service het met die mes ingeklim onder Suid-Afrikaanse maatskappye se skuldgraderings.

3. Dié premies op motors se versekering word verlaag

Verskeie motorversekeraars gaan tydens die staat van inperking hul premies verlaag.

Die familie in Thailand.
Die familie in Thailand.

4. Wie is die gevangenes wat vrygelaat gaan word?

Honderde, indien nie duisende verhoorafwagtendes wat van minder ernstige misdrywe, soos onder meer winkeldiefstal, diefstal, die besit van dwelms, dronkbestuur en bedrog aangekla is, gaan binne die volgende paar dae en weke uit die land se tronke vrygelaat word.

5. Paniek-koop veroorsaak tekort aan dié produkte

Paniekbevange Suid-Afrikaners is besig om die winkels léég te koop.

6. Koop van sigarette is steeds verbode, maar...

Die absolute verbod op die koop van enige tabakproduk hetsy by ’n supermark of enige ander winkel geld steeds, het ’n woordvoerder van die departement van handel en nywerheid Woensdag aan Netwerk24 bevestig.

7. Liefde in die tyd van korona

Die liefde het ’n manier om oorloë, afstand, teenspoed en selfs die koronavirus te oorwin, skryf Erla-Mari Diedericks.

8. Sport gaan voort wyl president sê vodka, sauna troef Covid-19

Die Covid-19-pandemie het die sportwêreld tot stilstand gedwing, maar een spesifieke Europese sokkerliga gaan sonder om te skroom voort.

9. Uitskieters benoem vir Woordtrofees

Die teaterproduksies Valsrivier en Tweespoor het vanjaar die aandag getrek op die Toyota US Woordfees. Dit het pas onderskeidelik ses en vier benoemings vir die fees se Woordtrofees losgeslaan.

10. Kyk na jou geestesgesondheid

Lang tye van isolasie kan sy tol op mense se geestesgesondheid eis en mense kan kajuitkoors begin ervaar – of hulle nou ekstroverte of introverte is, sê prof. Irma Eloff van die departement van opvoedkundige sielkunde aan die Universiteit van Pretoria.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.