Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 1 Desember 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Dinsdag 1 Desember 2020.

1. Mosie teen Cyril: Pleidooi vir geheime stemming verwerp

Nóg ’n pleidooi van die African Transformation Movement (ATM) dat LP’s in die geheim vir of teen die komende mosie van wantroue in pres. Cyril Ramaphosa moet stem, het op dowe ore geval. Dit volg nadat Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), Dinsdag gesê het dat sy nog ’n versoek van dié party van die hand gewys het.

2. KYK: Klagte teen Modise ‘politieke komplot, bekook’

Thandi Modise, speaker in die parlement, se ondersteuners meen die aanklagte van dieremishandeling teen haar is “deur sekeres binne die ANC met die hulp van die DA bekook”.

3. Seun in hof weens moord op sy ma

Christopher Geldenhuys en Joshua Davies met ’n trui oor sy kop. Foto: Jaco Marais

’n Werknemer van die Kaapstad-metroraad se seun het Dinsdag in die landdroshof in Bellville verskyn in verband met haar dood. Christopher Geldenhuys (20) word daarvan aangekla dat hy en sy vriend Joshua Davies (19) Sondagoggend Christopher se ma, Natasjia Geldenhuys (44), vermoor het.

4. Familie sien op video hoe 2- jarige tweeling verdrink

Die familie van ’n twee jaar oue tweelingseuns het ná die tyd op kringtelevisiebeeldmateriaal gesien hoe die twee in ’n swembad beland en lank aan ’n Kreepy Krauly vasklou voordat hul doeke te swaar geword en hulle verdrink het.

5 Covid-19-fonds: Só is die geld bestee

Die Solidariteitsfonds sou al teen hierdie tyd ontbind gewees het, maar weens die tweede vlaag van koronavirusinfeksies sal die fonds waarskynlik tot einde volgende jaar voortleef.

6. Binder: ‘As ek net uit die gruis kon bly ...’

Brad Binder sê hy weet ná sy debuutseisoen hy hoort in MotoGP en lê alles wat nie volgens plan verloop het nie voor sy eie deur. Foto: Red Bull Content Pool

Toe Brad Binder in Augustus in die Tsjeggiese Republiek ’n MotoGP-sege in slegs sy derde wedren op daardie vlak behaal het, het hy gedink die wêreld lê oop voor hom. Maar drie en ’n half maande later praat hy met ’n stem dik van die frustrasie oor ’n seisoen wat hom met mening terug aarde toe geruk het

7. Bejaarde beesboer in KZN vermoor

’n Beesboer van Muden in KwaZuluNatal, Mpozana Khumalo (79), is in die hospitaal dood nadat hy in ’n rooftog geskiet is.

8. Het die Amerikaanse demokrasie Trump oorleef?

Hoe lyk die Amerikaanse demokrasie ná vier jaar van uiterste polarisering? Leopold Scholtz probeer ’n antwoord vind.

9. Bende dalk betrokke by moord op Pretoria-man in Limpopo

Len Pretorius (60) en sy vrou, Joey (52). Foto: Facebook/JoeyPretorius

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat ’n bende wat mense in die Tonteldoosarea in Limpopo beroof, betrokke was by die moord op ’n man van Pretoria. Len Pretorius (60) is Vrydagaand koelbloedig doodgeskiet in ’n rondawel by die Bushboys Camp & Cottage in Tonteldoos

10. Verhogings: Vakbonde briesend oor staat uitstel vra

Die regering en staatsdiensvakbonde stuur af op ’n harde koppestamp omdat die regering Woensdag wil vra vir uitstel in die hofsaak waarin vakbonde eis dat die regering hom by sy loonooreenkoms hou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.