Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Dinsdag, 11 September

Indien jy vandag te besig was om op hoogte te bly van die jongste nuus, moenie bekommerd wees nie! Hier is 'n oorsig van die belangrikste nuusstories waarvan jy moet weet.

Oudpres. Jacob Zuma en sy seun Duduzane in ligte luim in die landdroshof. Foto: Deaan Vivier

1. Moorde in SA styg tot 20 336 in 1 jaar

Meer as 20 000 mense is in die 2017-’18-boekjaar in Suid-Afrika vermoor – dit is die hoogste aantal moorde wat die afgelope tien jaar in ’n enkele boekjaar aangemeld is. Dit blyk uit die jongste misdaadstatistieke vir die 2017-’18-boekjaar wat die polisie Dinsdag in die parlement bekend gemaak het.

2. Staatskaping: Kommissie onbepaald uitgestel

Die kommissie van ondersoek oor staatskaping is Dinsdag tot verdere kennisgewing uitgestel, het eerw. Mbuyiselo Stemela, woordvoerder van die kommissie, gesê. Die verhoor sou Woensdagoggend om 10:00 hervat het.

3. Petrolprys: Grootste skok in byna 4 jaar lê voor

Die grootste petrolprysstyging in langer as drie en ’n half jaar lê in Oktober vir motoriste voor. Die pyn by die pomp gaan aansienlik meer as R1 per liter beloop, tensy die rand oor die volgende week drasties versterk en die olieprys daal.

Die prys van petrol gaan net aanhou styg.

4. Skootdans by skool kwel departement

Die Gautengse onderwysdepartement het sy kommer uitgespreek oor ’n video waarin ’n gr. 10-leerling vir ’n ander leerling ’n skootdans doen. Die video is glo in Februarie vanjaar by die Sikhululekile High School geneem.

5. KYK: Bestuur, spelers trek laer om Rassie

Die Springbokke en hul bestuurspan steun Rassie Erasmus se planne vir die span soos een man. Matt Proudfoot, Damian de Allende en Francois Louw het Nieu-Seelandse joernaliste hiervan verseker toe hulle Dinsdag in Wellington met vrae gepeper is oor Suid-Afrika se onlangse onbestendige vertonings.

6. Mr. Tekkie: ‘Ons is ook Steinhoff-slagoffers’

Bernard Mostert, voormalige uitvoerende hoof van Tekkie Town en een van die stigters van Mr. Tekkie, het Dinsdag in ’n strydlustige verklaring gesê hulle gaan Pepkor se hofaansoek om Mr. Tekkie te probeer stuit, beslis teenstaan. Pepkor is die eienaar van Tekkie Town. 

7. Twee van Boer soek 'n vrou verloof!

Een van die gewildste paartjies van die TV-program Boer soek 'n vrou het aangekondig hulle is verloof. Adriaan Geldenhuys en Helene Retief het die nuus Maandag op Facebook bekend gemaak.

8. Moet SA hom voorberei op Zuma II?

Wat as die Jacob Zuma-faksie die oorhand binne die ANC kry? vra Danny Titus.

9. Ace erken hy ‘inisieer’ vergadering met Zuma

Ace Magashule, die ANC se sekretarisgeneraal, het erken hy het 'n vergadering met oudpres. Jacob Zuma verlede week in Durban “geïnisieer”, maar het geweier om te sê wat op die geslote vergadering bespreek is.

Dit is vandag 17 jaar sedert die 9/11-aanvalle.

10. New York se landskap vir ewig verander op 9/11

9/11, die dag in 2001 toe New York se horison vir altyd verander het, word Dinsdag herdenk. Dit is 17 jaar nadat vier gekoördineerde terreuraanvalle van die Islamtiese terroristegroep Al-Kaïda Amerika getref het. Ons kyk terug na dié gebeurtenis.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.