Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Dinsdag, 12 Februarie 2019

As jy nie vandag kans gehad het om op hoogte te bly van die jongste nuus nie - hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste nuusgebeure.

Natasha en Niki de Villiers met hul drie dogters, Anja en die tweeling Nina en Nikola. Foto: Facebook

1. Kind (3) sterf toe sy van fietsie val, hefboom deur hart steek

’n Driejarige meisie van Durbanville wat ná ’n fratsongeluk op haar fietsie dood is, se ouma het Dinsdag gesê sy wens hierdie oomblikke van pyn vir niemand toe nie.

LEES OOK: Dokter deel sy pyn ná 3- jarige se fratsdood

2. KYK: Sabotasie by Eskom ‘onwaarskynlik’

Die energiekommentator Chris Yelland, besturende redakteur van EE Publishers, sê dis nie vir hom ’n verrassing dat mense nou die moontlikheid van sabotasie en sameswering opper nie, maar op grond van sy inligting is dit hoogs onwaarskynlik.

LEES OOK: Moody’s: Die begin van Eskom se einde

3. ONTHUL: Omvang van Guptas se plundering by Vrede

Netwerk24 kan vandag eksklusief die omvang van die Guptas se plundering in die Vrede-suiwelskandaal in die Vrystaat onthul.

4. Duisende in SA sê: EskomSePush

Terwyl die land weer gewoond moet raak aan beurtkrag, wend duisende mense hulle tot die gewilde beurtkrag-app EskomSePush. Die app met die stuitige naam het in April 2015

5. Amptenaar geskors wat mediese fondse ondersoek

Die hoof van ondersoeke en nakoming van die Raad op Mediese Skemas (RMS) is geskors hangende ’n ondersoek oor bewerings van korrupsie.

6. Werkloosheid: Resessie se nasleep steeds gevoel

Werkloosheid het in die vierde kwartaal van 2018 tot 27,1% gedaal, vergeleke met 27,5% in die derde kwartaal.

7. ‘Beurtkrag verleentheid vir SA sport’

Sportbyeenkomste wat deur beurtkrag onderbreek word, is ’n “verleentheid vir die land”, sê Jacques Faul, uitvoerende hoof van die Titans-krieketfranchise. 

cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag tydens die debat oor staatsrede. Foto: Jaco Marais

8. REGSTREEKS: Onteiening gaan in ons leeftyd gebeur - Malema

Opposisiepartye debatteer pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede in die Nasionale Vergadering.  Van die sleutelkwessies wat na verwagting bespreek gaan word is die verdeling van Eskom, die nuwe 'Skerpioene' en grondhervorming.

9. Tshwane se nuwe 1ste burger was enigste kandidaat

Die koalisieregering in die Tshwane-metro word steeds deur die DA beheer nadat sy burgemeesterskandidaat, Stevens Mokgalapa, Dinsdag onbestrede in die amp aangestel is.

prins harry, meghan markle
Prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex. Foto: Getty Images

10. Meghan soos Diana gejag – Clooney

Meghan, hertogin van Sussex, word net soos haar oorlede skoonma gejag en verguis, sê die Hollywood-superster George Clooney.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.