Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories : Dinsdag 12 November 2019

Hier is die 10 moet-lees-stories vir Dinsdag 12 November 2019. 

1. Die Springbok moet val

Terwyl die Springbokspan deur bykans alle politieke partye geloof is vir hul geskiedkundige oorwinning in die Wêreldbeker-rugbytoernooi, het dr. Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, Dinsdag in die parlement in ’n opruiende toespraak geëis dat die Springbok-embleem –’n “teken van wit heerskappy” moet “val”.

2. Jones is ‘verkeerd aangehaal’ oor Etzebeth

Die omstrede nasionale hoof van regsdienste van die Menseregtekommissie (MRK) sê nou van sy uitlatings dat die Springbokslot Eben Etzebeth voorheen “met moord weggekom het” en dat “ons van hom ’n voorbeeld sal maak” is “buite konteks” aangehaal.

3. OBK bring aansoek om Sekunjalo te likwideer

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het ’n aansoek gebring om ’n groot aandeelhouer van die mediahuis Independent Media te likwideer. Die aansoek is gebring om die onderneming Sekunjalo Independent Media (SIM) te likwideer. Dié maatskappy is ’n spesialedoelvoertuig wat in 2013 opgerig is om Independent Media Suid-Afrika van sy voormalige Ierse eienaars te koop.

4. Ouers kan kies oor seksopvoeding in skole, maar ...

Ouers sal die reg hê om te kan kies dat hul kinders nie onderwerp word aan die omstrede plan vir seksvoorligting in klaskamers nie. Maar dan moet sulke ouers ’n alternatiewe kurrikulum opstel wat aan die vereiste Caps-skoolkurrikulum se kriteria vir aanvaarding voldoen, sê Angie Motshekga, minister van basiese onderwys.

5. Droogte: Regering móét nou ingryp vir voedsel-sekerheid

Die regering moet ter wille van voedselsekerheid dringend ingryp en finansiële hulp aan boere in die droogtegeteisterde Wes-, Oos- en Noord-Kaap, die Vrystaat, Noordwes en Limpopo verleen.

6. ‘Voorbeeldige gesinsman’ begrawe ná klant hom skiet

Mohammed Dangor (31), ’n voorbeeldige Moslem wat elke dag die Koran gelees het, het pas klaar gebid toe ’n klant hom Maandag in sy pa se motorhandelaaronderneming doodgeskiet het. Honderde mense oor kultuur- en rasgrense heen het dié pa van drie jong dogters Dinsdagoggend op sy begrafnis in Klerksdorp, Noordwes, gegroet.

7. Van Wyk kon nie glo ’Canes stel in hom belang

Jy jok!” het Kobus van Wyk vir sy agent gesê toe die Haaie-vleuel hoor die Hurricanes stel in hom belang. “Ek kon dit nie glo nie, ek het nooit gedink ek sal Nieu-Seeland toe gaan nie, want jy hoor nie van Suid-Afrikaners wat soontoe gaan nie,” sê die 27-jarige Van Wyk. Maar sy agent het allermins gejok.

8. Buchan stel byeenkoms op Loftus af

Die evangelis Angus Buchan het sy omstrede byeenkoms op Loftus Versfeld in Pretoria gemik op Afrikaners afgestel. Buchan het dié onverwagse aankondiging Maandag op ’n mediakonferensie van die Christian Leaders Forum in Centurion gedoen.

9. Só kan ons golf van Bokeuforie ry

’n Golf van welwillendheid spoel oor die land. Bo talle se verwagting was die Springbokke se verwelkoming met hul tuiskoms nadat hulle die Wêreldbeker gewen het, ’n besonderse vertoning van gemeenskaplike trots.

10. Telkom Mobile, Cell C smelt dalk saam

Telkom het glo aangebied om Cell C te koop, het persone met kennis van die saak aan Bloomberg bevestig.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.