Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 13 April 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Dinsdag 13 April 2021.

1. J&J in VSA gestaak; SA bespreek kwessie gou

Die toediening van Johnson & Johnson (J&J) se entstof in Suid-Afrika kan dalk tydelik opgeskort word ná ’n soortgelyke aanbeveling in die VSA weens enkele gevalle van die vorming van bloedklonte wat glo met die entstof verbind kan word. Suid-Afrika se Covid-19-inentingsprogram maak hoofsaaklik staat op die entstowwe van J&J en Pfizer-BioNTech, waarvan miljoene dosisse in die volgende paar maande verwag word. 

2. KYK: Meisie dood 'nadat sy by spogskool geboelie is'

Leerlinge aan die Mbilwi Secondary School in Thohoyandou in Limpopo is ontsteld nadat ’n leerling hier ná ’n boelievoorval glo haar lewe geneem het. Foto: Twitter

’n Gr. 10-leerling van een van Limpopo se spogskole het glo Maandagmiddag haar eie lewe geneem nadat sy na bewering vroeër die dag by die skool erg geboelie en aangerand is.

3. Zuma moet hofgeld van R16 m. terugbetaal

Oudpres. Jacob Zuma moet die meer as R16 miljoen wat die regering tot dusver vir sy verdediging in die korrupsieverwante hofsaak betaal het, terugbetaal. Zuma het Dinsdag dié jongste bloutjie geloop toe die appèlhof in Bloemfontein sy aansoek om verlof tot appèl teen die uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria met koste van die hand gewys het.

4. Ace-brief kan spanning in ANC vererger

Die name van alle ANC-leiers en -lede wat van korrupsie en ander ernstige misdade aangekla word, moet teen Donderdag by die ANC se hoofkantoor wees. Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, wat binne 30 dae sy pos moet ontruim omdat hy op aanklagte van korrupsie, geldwassery en bedrog tereg staan, het egter ’n kinkel by die sage gevoeg.

5. Dudu Myeni mag nooit weer ’n direkteur wees

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), het Dinsdag gehoor sy mag nié appelleer teen haar verklaring tot misdadige direkteur nie.

6. Voëlgriep: Bedryf op hete kole oor of dit H5N8 is

Die hele pluimveebedryf is op hete kole oor ’n uitbreking van voëlgriep in Gauteng. Toetse wat tans by die Onderstepoort- veeartsenykundige instituut gedoen word, sal teen Woensdag bekend gemaak word en bepaal of dit die uiters aansteeklike H5N8- virus is wat pluimvee en wilde voëls by die miljoene kan afmaai.

7. Baie vrae oor sluiting van Absa se geldmarkfonds

Nie almal is oortuig van die rede wat Absa aanvoer vir die besluit om die Absa Money Market Fund (AMMF), wat meer as R80 miljard onder bestuur het, te sluit nie. Dié effektetrust is die grootste geldmarkfonds in die land en een van die grootste effektetrusts in geheel.

8. Wêreld se grootste konyn gesteel

’n Enorme konyn, wat bekendheid verwerf het as die grootste ter wêreld, is by sy eienaar se huis in Worcestershire in Brittanje gesteel. The Guardian berig dat die polisie vermoed dat die 129 cm lange konyn, genaamd Darius, Saterdagaand uit sy hok gesteel is.

9. EKSKLUSIEF: Ontmoet prof. Abdool Karim se opvolger

Sy is ’n ewige optimis wat nooit haar vertroue in die mensdom sal verloor nie. Willemien Brümmer het eksklusief met prof. Koleka Mlisana gesels, die nuwe medevoorsitter van die ministeriële advieskomitee oor Covid-19.

10. Vrou nog in waakeenheid ná 28 uur in wrak 

Die jong vrou van Mbombela in Mpumalanga wat ná ’n ongeluk 28 uur in ’n motorwrak vasgekeer was, sal minstens nog ’n week in die waakeenheid van die Mediclinic in die stad behandel word. Selanna Biggs (19) het Dinsdagmiddag ’n operasie aan haar gebreekte linkerfemur ondergaan. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.