Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 13 Augustus 2019

'n Keur van Dinsdag se nuusgebeure. 

1. Theo Vorster: Hoe sal rommelstatus my geld raak?

Dié vraag word deurlopend gevra deur bekommerde beleggers, veral diegene wat vir hul maandelikse inkomste van hul beleggings en pensioene afhanklik is.

2. Estina: Só is VS-amptenaar met slap riem gevang

n Munisipale finansiële bestuurder wat nié die huurkontrak vir die grond van die Vrede-melkplaas wou onderteken wat ’n Gupta-sakeman en spesiale raadgewer van oudpremier Ace Magashule aan hom gegee het nie, het voor die Zondo-kommissie getuig hoe hy uiteindelik met ’n slap riem gevang is.

3. KYK: ‘Ek sal altyd jou pa bly, ’ hoor Cecilia Steyn

“Onthou, ek sal altyd jou pa bly,” het die pa van Cecilia Steyn, veroordeelde Krugersdorp-moordenaar, Dinsdag vir sy dogter deur die selle gesê. Dit was die eerste keer in vier jaar wat Piet Brand sy dogter gesien het en die eerste keer wat haar ouers die hofverrigtinge in die hooggeregshof bywoon. Volgens Piet het hulle die hofsaak opgehou bywoon omdat die publiek hulle by die laerhowe in Krugersdorp uitgejou het.

4. Antibiotikum: ‘Moenie paniekerig raak’

Die oorsaak van twee kleuters van Limpopo se dood nadat hulle ’n breëspektrumantibiotikum in ’n staatshospitaal ontvang het, is nog nie vasgestel nie.

5. Hof beveel Zephany mag regte naam bekend maak

Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag beslis Zephany Nurse (22), wat as baba uit die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad ontvoer is, se identiteit mag bekend gemaak word.

huis ten bosch, brand
Inwoners van Huis ten Bosch kon Dinsdag in die vrouekoshuis Monica klere en toiletware kry wat aan hulle geskenk is ná die brand Maandagaand in Huis ten Bosch, Foto: Jaco Marais

6. Inwoners dog dis ’n grap toe iemand sê ‘brand!’

Inwoners van Huis ten Bosch op die kampus van die Universiteit van Stellenbosh het eers gedink dit is 'n grap toe daar vir hulle gesê word hul koshuis brand.

7. Solidariteit stuur balju na Molefe se huis

Solidariteit het die balju gevra om beslag te lê op die bates van Brian Molefe, voormalige Eskom-baas.

8. KYK: Steinhoff bring reuse-eis teen verdagte groep

Die Steinhoff-groep gaan nog siviele eise bring teen “ander individue” wat by die ongerymdhede met sy boeke betrokke was.

9. Drie nuwelinge in Proteatoetsgroep

Drie spelers sonder toetservaring – Anrich Nortjé, Rudi Second en Senuran Muthusamy – is by die Proteas se groep vir die reeks van drie toetse in Oktober teen Indië ingesluit.

10. Plaasaanvalle: Hoekom swyg ons oor swart lyding?

Die swart slagoffers van plaasaanvalle bly dikwels stemloos en gesigloos. Wanneer gaan ons erken dat elke Suid-Afrikaner se pyn is ewe belangrik is? vra Willemien Brümmer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.