Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag, 13 Maart

Hier is 10 van die interessantste nuushoogtepunte wat vandag op Netwerk24 verskyn het.

Droogte is nou nasionale ramp

Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het die voortslepende droogte landwyd amptelik tot ’n nasionale ramp verklaar.

Peter Frederiksen in die hooggeregshof in Bloemfontein. Foto: Mlungisi Louw

‘Klitorisse was vir my vrou se moetie,’ sê Deen

Die klitorisse wat Peter Frederiksen (66), ’n Deense wapenhandelaar van

Bloemfontein, in sy vrieskas gehou het, was vir sy vrou om as moetie te gebruik, het die hooggeregshof in Bloemfontein gehoor.

Klein Anja groet met haar ogies

Klein Anja van Zyl wat in Desember veels te vroeg gebore is, sterk steeds in die hospitaal aan.

3 klagte van aanranding ná geweld by Varsitybeker

Drie aanrandingsklagte is reeds by die polisie in Port Elizabeth aanhangig gemaak nadat ’n Varsitybeker-rugbywedstryd Maandagaand ’n gewelddadige nadraai gehad het.

Prof. Amanda Gouws

’n Ope brief aan Cyril Ramaphosa

Geagte pres. Ramaphosa. Die dag toe jy as president aangewys is, het ek ’n partytjie by my huis gehou. Sjampanje het gevloei en daar was ’n groot gevoel van verligting in die vriendekring.

Lugholte in man se brein verbaas dokters

’n Man wat maande lank onvas op sy voete was en geval het, het ’n groot lugholte in sy brein gehad.

Lesufi: Onderwysers verdien te min

Onderwysers word te min betaal vir die verskeie rolle wat hulle in leerlinge se lewe moet vervul, sê Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys.

André Nel was nie bang om uiting aan sy gevoelens te gee in sy speeldae nie. Foto: Getty Images

Nel kap IKR oor Rabada se skorsing

“Dit is hartseer om te sien hoe ’n speler wat sy land met oorgawe en passie verteenwoordig, gestraf word daarvoor,” sê André Nel, voormalige Protea-snelbouler.

Te oulik! Karlien se Joe deel pragfoto van klein Elah

Karlien van Jaarsveld se man, Joe Breytenbach, het die oulikste foto van klein Elah in die sosiale media gedeel.

Pres. Donald Trump het Rex Tillerson, sy minister van buitelandse sake, op Twitter afgedank en hom met Mike Pompeo, die hoof van die CIA, vervang.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.