Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 14 Januarie 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Dinsdag 15 Januarie 2020.

1. Zuma kan nie verskyn oor ‘hoogs geheime siekte’

Oudpres. Jacob Zuma ly aan ’n geheime siekte wat hom kortwiek om vrae te beantwoord oor staatskaping toe hy Nommer Een in die land was. Zuma se regsverteenwoordigers het Maandag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping aangevoer dat hy nié die week sal kan getuig nie en ook nie tot Maart vanjaar beskikbaar sal wees nie.

2‘Moenie Eskom as politieke speelbal misbruik’

Suid-Afrika word deur ’n ongekende ekonomiese krisis in die gesig gestaar en pres. Cyril Ramaphosa moet die versoeking weerstaan om vals beloftes te maak wat net openbare vertroue verder sal wegkalwe. Só het Sipho Pityana, president van die sakeliggaam Business Unity South Africa (Busa), Dinsdag op Busa se ekonomiese indaba in Sandton gewaarsku

3. Moyo vs. Old Mutual: Stryd stééds nie verby

Peter Moyo, voormalige uitvoerende hoof van Old Mutual, is dalk sy werk kwyt, maar hy is nog lank nie klaar met die finansiëledienstefirma nie.

4. Woolworths: 7 feite oor die nuwe baas

Roy Bagattini Foto: Levi Strauss

Van bier na jeans na Woolworths en baie ondervinding in die omkeer van maatskappye. Hier is ’n paar feite oor Roy Bagattini (56), die nuwe uitvoerende hoof. Die Woolworths-groep het Dinsdag uit die bloute aangekondig dat hy Ian Moir (60), wat die pos nege jaar beklee het, gaan opvolg.

5. AB skitter Doer Onder, ‘wil vir Proteas speel’

AB de Villiers moker ’n bal grens toe in sy debuut vir die Brisbane Heat op die Gabba. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse kolfgenie AB de Villiers het met die intrapslag in Australië sy teenwoordigheid laat geld en toe ook laat glip daar is ’n kans dat hy later vanjaar daar vir die Proteas kan speel.

6. Nóg ’n man vas ná Centurion-aanval

Terwyl die tweede verdagte in die aanval op Barnie en Magda van Heerden van Centurion Dinsdag in die landdroshof in Pretoria verskyn het, het die polisie ’n derde verdagte aangekeer.

7. Sy was op program vir boer Graham, vind liefde by Gerrit

Eers was Anchen van Rensburg (27), ’n gr. 1-onderwyseres oorspronklik van Bredasdorp, op die werkliheidsprogram Boer soek ’n vrou op kykNET om vir boer Graham te leer ken. Graham het Anchen nie in sy topdrie ingesluit wat saam plaas toe gegaan het nie. Maar dit het haar nie gekeer om uiteindelik op ’n plaas te beland nie.

8. Gaan Harry self sy titel prysgee?

Koningin Elizabeth het Maandag ingestem om haar kleinseun, prins Harry, en sy vrou, Meghan, toe te laat om onafhanklik van die koninklike gesin hul weg in die wêreld te vind. Foto: AP

Gaan prins Harry self sy titel prysgee om só ’n meer normale lewe uit die koninklike kollig te lei?

9. Dié WhatsApp is fopnuus, sê Eskom

Dit is alles onwaar. Dis fopnuus, is Eskom se reaksie op die jongste WhatsAppboodskap van ’n Afrikaanssprekende man wat die ronde doen.

10. Vanderbijlse vrou se skokverhaal: Van moord tot ’n bordeel

Nadat haar ma en broer tot lewenslange tronkstraf vir moord gevonnis is, het Marie Venter (40) se lewe in die jare daarna heeltemal ontspoor. Op die piek van haar heroïenverslawing het sy later gebid om dood te gaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.