Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 14 September

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Dinsdag 14 September 2021.

1. Kabinet byeen: Dis wat presidensie nóú oor Zuma sê

As daar enige “wandade” met die mediese parool van oudpres. Jacob Zuma gepleeg is, verwag die kabinet dat die “normale” instellings dit moet hanteer, sê Mondli Gungubele, minister in die presidensie.

2. Klein Henco slaap 12 uur aaneen ná kapingsdrama

“Ons is oorweldig deur almal se liefde, mense na aan ons en ook wildvreemde mense wat help.”

henco
Coenie en Alicia Lamprecht en hul baba, Henco, Maandag toe hulle veilig terug by die huis was nadat Henco vroeër die dag in sy ma se motor was toe dit gekaap is.

3. Albei ouers sterf: 'Pa, dis oukei, gaan na Mamma toe'

Frikkie Cronjé (75) het net dae ná sy vrou, Maureen (72), die stryd teen die koronavirus verloor.

4. VUURWARM FOTO’S: Sexy celebs met mening terug by Met-gala

Waar baie celebs verkies het om behoorlik lyf te wys, het Kim Kardashian Maandagaand op die sogenaamde Met-gala in New York opgedaag soos wat sy nog nooit tevore gesien is nie.

5. Gewese kommunistiese lande nou vryer as SA

Suid-Afrika is nou 84ste op die ranglys van ekonomiese vryheid, wat beteken dat 15 voormalige kommunistiese lande ekonomies vryer is.

6. Jou kinders bly lewenslank van jou afhanklik

Ek weet van geen ander geluid wat vir ’n ouer mooier is as die stemme van hul kinders nie. Die feit dat ons studente daar aan die voet van Tafelberg nou groot voete, breë skouers en harde baarde het, verhinder hulle nie om steeds aan die einde van ’n lang dag tyd af te knyp om huiswaarts te gesels nie, skryf Aniki Joseph. 

7. Jy kan weer jou tas pak vir ’n eilandvakansie

Suid-Afrikaners kan weer begin beplan aan salige eilandvakansies met Mauritius en die Seychelle wat hulle weer toelaat om daarheen te reis.

8. KYK: Britte het 'n nuwe prinses

Daar is ’n nuwe sprokiesprinses wat die Britte se harte ná Diana se dood gesteel het. Emma Raducanu, die 18-jarige Britse tennisster, het die wêreld soos ’n vars bries getref met haar oorwinning in die Amerikaanse Ope.

9. Drie Botha-broers het bulbloed in hul are

Om drie broers te vind wat by die onderskeie Bulle-spanne betrokke is, is skaars; wat nog te sê as dié spanne op een naweek almal as wenners van die veld stap.

10. Carina mag ná appèl weer vir 100 m aantree

Carina Horn is terug. Die nasionale rekordhouer in die 100 m mag van dié week af amptelik weer in die blokke sak nadat die gesloer in haar appèlsaak teen haar skorsing uiteindelik afgehandel is.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.