Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Dinsdag 15 Oktober 2019

Al staan die dag na 'n einde toe, is die nuus nog besig om in te rol. Voor jy begin ontspan na die lang dag, haal eers in met hierdie tien belangrikste stories vir Dinsdag 15 Oktober 2019.

1. Pa van Bishops-jurou se roerende brief aan ouers

Dave Mallett, die pa van die onderwyseres Fiona Viotti (30) wat ondersoek word vir beweerde seksuele wangedrag by die spogskool Bishops Diocesan College in Rondebosch, Kaapstad, het in ’n brief aan ouers gesê hy wil nie hê die seuns moet hom vermy nie.

Fiona Viotti (30)Foto: Facebook

2. Bishops-seksskandaal: Nog seuns glo oor jare geaekteer

Die spogskool Bishops in Kaapstad, wat geruk is deur bewerings dat ‘n onderwyseres wat ook waterpolo afgerig het ’n seksuele verhouding met ‘n matriekleerling gehad het, het pas in ’n persverklaring bekend gemaak verskeie seuns is oor ‘n aantal jare geaffekteer.

3.  Druk van rassisme kan Bokke, SA laat struikel

Hy het as afrigter van Zola Budd geleer dat politieke druk ’n nadelige invloed op sportlui se vertonings kan hê en glo daarom voortdurende bewerings van rassisme sal die Bokke se spel nadelig beïnvloed, skryf Pieter Labuschagne.

4. Eben: ‘Só het MRK my ingedoen’

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het sy eie prosedures, die reëls wat hom bind en ook Suid-Afrika se grondwet geminag in die hantering van sy saak. So sê die Springbok-slot Eben Etzebeth in hofstukke wat hy by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien en op die MRK beteken het. Etzebeth, wat van aanranding en rassisme beskuldig word, sê hy het steeds nie inligting ontvang oor wie die klaer is en wat die aantygings teen hom is nie.

5. Barnes blaas in Bokke se kwarteindstryd

Die Springbokke kon nie op beter nuus as Wayne Barnes se aanstelling vir Sondag se Wêreldbeker-kwarteindstryd teen Japan in Tokio hoop nie.

Wayne Barnes. Foto: Getty Images

6. Joernalis vra verskoning ná hy Malema ’n p*** noem

Die geskorste joernalis wat Julius Malema, EFF-leier, verlede maand in Pretoria agter sy rug ’n p*** genoem het, het Dinsdag verskoning gevra. Barry Bateman, ’n verslaggewer van Eye Witness News (EWN), het verskoning gevra vir sy optrede op 10 September toe hy – pas nadat Malema die media te woord gestaan het – die gewraakte woord geuiter het.

7. KYK: Ndlovu-jeugkoor het Bok-koors!

Hoendervel. Dít is wat die Ndlovu-jeugkoor Suid-Afrikaners gee nadat hulle tydens ’n blitsoptrede in die Mall of Africa in Midrand die liedjie Shosholoza vir die Springbok-span gesing het.

8. Pioneer se beleggers sê ja vir oorname deur Pepsi

Die genoteerde voedselvervaardiger Pioneer se aandeelhouers het Dinsdag die transaksie met Pepsi goedgekeur.

9. Dié 5 foute kos EOH R3,7 miljard, erken hoof

Vyf massiewe foute het EOH van 2013 tot 2017 R3,7 miljard gekos, het die tegnologiemaatskappy Dinsdag erken.

Stephen van Coller, uitvoerende hoof van EOH.Foto: EOH

10. Herrie oor antieke wapens in Nasionale Museum

Die kansellasie van ’n beplande permanente uitstalling van antieke wapens in die Nasionale Museum in Bloemfontein gaan nou by Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns, kultuur en rekreasie, draai. 

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.