Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 19 November 2019

Kom op hoogte van die dag se nuus met Netwerk24 se keuse van die 10 moet-lees-stories van die dag. 

1. Skok en meegevoel ná aanklaer se skietdood in hof

Sondagaand, minder as 24 uur voor haar dood, het adv. Addelaid FerreiraWatt (62) van Pietermaritzburg vir haar vriendin Elsabey Luus gesê dis tyd dat sy haar spreekwoordelike tokse ophang.

2. Staatskaping kon tot diktatorskap van buite lei – Chikane

Eerw. Frank Chikane, voormalige direkteur-generaal in die presidensie, glo as staatskaping sou voortgaan, kon dit geboorte gee aan ’n diktatorskap wat van buite die staat beheer is.

3. SAL: ‘Ons kan régtig nie 8% bekostig’

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) kan eintlik nie eens die 5,9%-salarisverhoging bekostig wat hy werknemers belowe het nie, wat nog te sê die 8% wat vakbonde eis.

4. Swede laat vaar seksklag teen Assange

Die saak van verkragting teen Julian Assange, stigter van WikiLeaks, is deur aanklaers in Swede laat vaar, berig The Guardian. 

5. Telkom in sak en as oor Cell C, MTN nou saamwerk

Telkom is Maandag op die JSE gelooi nadat Cell C bevestig het dat hy ’n uitgebreide ooreenkoms met MTN aangegaan het om nog meer van sy netwerkinfrastruktuur te gebruik.

6Verwoede brande in Australië ’n ‘ramp’

Brandbestryders sukkel nog om 12 brande onder beheer te kry in die dig bevolkte provinsie Nieu-Suid-Wallis (NSW) in Australië.

7. Voëlklip: Hoe kan mense sulke stories versprei?

In plaas daarvan om te rou oor sy gesin, moes ’n pa vure doodslaan wat deur allerhande gerugte veroorsaak is. Is ons nie besig om in ons wêreld vol geraas perspektief te verloor nie? vra Louise Karsten.

8. De Ruyter sou dalk Sasolbaas geword het

André de Ruyter, aangewese nuwe uitvoerende hoof van Eskom, was in ’n stadium die blouoogseun wat grootgemaak is om die nuwe hoof van die petrochemiese reus Sasol te word.

9. Skot looi Sonny Bill oor hy ‘nie omgee nie’

Die Skotse rugbyster Stuart Hogg kritiseer die voormalige All Black-senter Sonny Bill Williams dat hy nie omgegee het dat Nieu-Seeland in die halfeindronde van die afgelope Wêreldbekertoernooi uitgeboender is nie.

10. Prins Andrew 'moet uit openbare oog; praat met FBI'

Asof die wye veroordeling van prins Andrew se onderhoud Saterdagaand op die BBC-program Newsnight nie genoeg was nie, het nóg ’n bom om die prins se kop gebars.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.