Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 2 Maart 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Dinsdag 2 Maart 2020.

1. Dís die massiewe verhogings wat die staatsdiens soek

’n Verhoging van inflasie plus vier persentasiepunte, ’n toename in die behuisingstoelae van derduisende rande en selfs meer verlof is onder die 16 eise van staatsamptenare.

2. CR ‘gebruik’ dat Eskom hoes vir steenkool, hoor Zondo

Aandele wat pres. Cyril Ramaphosa saam met die Glencore-mynmaatskappy gehad het, kon as ’n sleutel-onderhandelingstrategie gebruik word om Eskom te dwing om duurder vir steenkool te betaal.

3. Klagstaat: Só meen staat het stalwerker Cremer vermoor

Die 29-jarige Meghan Cremer is op die aand van 3 Augustus 2019 in haar kothuis op die perdeplaas Vaderlandsche Rietvlei in Philippi vermoor.

4. ‘Ek is ’n goeie mens,’ sê verdagte in handelaar se moord

“Ek is ’n goeie mens, ongeag waarvan ek aangekla word.” So het Tshiamo Confident Sekgoro (32) Dinsdag in die rondgaande hof in Klerksdorp gesê nadat regter André Petersen groot ontevredenheid uitgespreek het oor die manier waarop Sekgoro die begin van sy moordverhoor vertraag.

vissersboot,kokaïen

5. FOTO'S: R500 m. se kokaïen op vissersboot gekry

R583 miljoen se kokaïen is op ’n vissersboot in die Saldanha-hawe in die Wes-Kaap gekry. 

6. Direksie skors kunsteraad se hoof én finanshoof

Die Nasionale Kunsteraad se direksie het Rosemary Mangope, die raad se uitvoerende hoof, en Clifton Changfoot, die raad se finansiële hoof, geskors.

7. Caroline-Grace se dogtertjie maak haastige opwagting

Die Brüssow-egpaar straal van trots nadat hul tweede pienkvoet, en eerste dogtertjie, hulle tien dae te vroeg kom verras het.

8. Eerste dag by die werk en jy is 64 jaar oud

Vroegoggend is hy wakker. Die son skyn deur die skeur in die gordyn tot op die tafel by die deur waarop die tweeplaatstofie en ’n paar ander goed staan. ’n Kastrol en ’n blikkie Ricoffy. ’n Sakkie suiker. ’n Blikbord en sy blou koffiebeker.

9. Div: Ek gaan nie vir my spelers jok

Peter de Villiers oorweeg vir eers nie om afrigterskonsultante se hulp in te roep om sy Oostelike Provinsie-rugbyspan skerper te kry nie.

10. Petrol amper weer so duur soos in 2019

Petrolpryse is ná die jongste skerp verhoging byna weer waar dit in 2019 laas was.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.