Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 20 April 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Dinsdag 20 April 2021.

1. Piet Retief: Werkers ‘het hul werk kom terugvra’

Die landdroshof in Piet Retief, Mpumalanga, hoor meer oor die omstandighede waarin twee mans op 9 April op ’n plaas in die omgewing doodgeskiet is. 

2. Vriende, kollegas onthou Ian Wessels se ‘lag, talent, omgee’

Kollegas en vriende sal Ian Wessels (61) onthou as iemand wat die wêreld wou laat lag.

Ian Wessels

3. Dis finaal: Daniel Mminele bedank by Absa

Daniel Mminele tree op 30 April uit as uitvoerende hoof van Absa. Die bankgroep het net voor 13:00 Dinsdag die gerugte oor Mminele se bedanking bevestig.

4. Die dag toe ons buurt in ’n inferno verander het

Watter stukkie van jou lewe en jou geskiedenis pak jy op? Jou ma se as of Krokkie die krokodil? Willemien Brümmer vertel van die dag toe hul buurt byna deur die vlamme uitgewis is.

tafelberg-brand, helikopter
Helikopters is gebruik om die brand teen Tafelberg te blus. Foto: Jaco Marais

5. KYK: Vrou se oomblikke van angs in Tafelberg-brand

’n Vrou wat Sondag teen Tafelberg gaan draf het, moes skielik rondskarrel om voor vlamme van sowat 5 m hoog weg te kom.

6. Nóg iemand dood gevind in Bfn-gastehuis

Nóg ’n persoon is in ’n Bloemfonteinse gastehuis dood aangetref. Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die lyk van ’n vrou van ongeveer 40 jaar oud is Vrydag in ’n gastehuis in Parkwes gevind.

7. Montana: ‘Klein onreëlmatighede’ as misdaad uitgemaak

Tekortkominge en “klein onreëlmatighede” met kontrakte by die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika word nou voor die Zondo-kommissie as misdadigheid uitgemaak.

8. Boer Kobus nie spyt oor reeks, ondanks kritiek

Boer Kobus van Randfontein aan die Wes-Rand het sy deelname aan die TV-werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou geniet, al hy het maar deurgeloop onder die kritiek ook.

Boer Kobus (53) van Randfontein, Gauteng. Foto: Verskaf

9. Sportvrou van die Jaar word porno-ster

Verona van de Leur is op 16-jarige ouderdom as Nederland se Sportvrou van die Jaar aangewys, maar vandag is die 35-jarige voormalige gimnastiekkampioen in die pornografiebedryf betrokke.

10. Hokaai met dié wasgoedwater!

Dink twee keer voordat jy jou tuin met gryswater uit jou wasmasjien natlei, want dit is skadelik vir die grond en jou plante sal nie floreer nie.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.