Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 20 Augustus 2019

Hiermee Dinsdag se moet-lees-stories op Netwerk24.

1. Leeuman dood nadat wyfie hom aan nek gryp

Die wyfie in sy troppie leeus het na verneem word vir Leon van Biljon aangeval terwyl hy 'n heining herstel het.

2. Nasionaliseer Sasol, vra chemiese werkers

Sasol moet genasionaliseer word. Die vakbond Ceppwawu, wat werkers in die chemiese, brandstof-, papier- en houtbedryf verteenwoordig, het Dinsdag in die parlement gevra dat die petrochemiese reus weer genasionaliseer word.

Deon Meyer

3. Tronkvoëls in Australië soek Afrikaanse boeke

Die misdaadskrywer Deon Meyer het ’n e-pos met ’n vreemde versoek vanuit Australië ontvang: Gevangenes in tronke daar wil sy boeke lees – in Afrikaans.

4. Tshwane, Jhb met administrasie gedreig

Tshwane en Johannesburg, albei DA-beheerde metro’s, “gaan onder administrasie geplaas word as hulle nie hul kant bring nie”.

5. Please Call Me-man eis meer van Vodacom

Kenneth Nkosana Makate, vermeende uitvinder van die Please Call Me-diens, het hom tot die hooggeregshof in Gauteng gewend om ’n vorige hofbeslissing ter syde te stel waarvolgens Shameel Joosub, Vodacom se uitvoerende hoof, die finale besluit kan neem oor hoeveel hy vir sy uitvindsel vergoed moet word.

6. Estina het glo net R16 in sy bankrekening gehad

Die Estina-maatskappy, wat volgens ’n ooreenkoms met die Vrystaatse landboudepartement R220 miljoen moes gee om ’n melkverwerkingsaanleg by die Vrede-melkplaas te bou, het slegs R16 in sy bankrekening gehad.

7. Tronkvoëls in Australië soek Afrikaanse boeke

Die misdaadskrywer Deon Meyer het ’n e-pos met ’n vreemde versoek vanuit Australië ontvang: Gevangenes in tronke daar wil sy boeke lees – in Afrikaans.

“En ek dink dit is waarom baie akteurs jonk bly, want jy hou aan ontwikkel en verken.” Foto: Adrian de Kock

8. KYK: Rolanda ‘begin verbrokkel’

Rolanda Marais praat met Murray La Vita oor haar rol in Netwerk24 se blitssepie Die Testament en vertel hoe moeilik dit vir haar was om ’n “vieslike rassis” te wees in die nuwe rolprent Poppie Nongena.

9. Jiba wil hê hof moet sê vóór parlement

Die omstrede adv. Nomgcobo Jiba, afgedankte adjunkdirekteur van nasionale vervolging, wil nou die parlement deur ’n dringende interdik-hofaansoek verbied om die proses te begin om haar heraanstelling te heroorweeg.

10. KYK: Hier’s Fifa se kortlys vir beste doel

Lionel Messi en Zlatan Ibrahimovic is die stername op die kortlys van tien spelers vir Fifa se Puskás-prys vir doel van die jaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.