Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 22 September 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Dinsdag 22 September 2020.

1. Cele in die spervuur ná dreigemente teen boere

Bheki Cele, minister van polisie, is in die spervuur ná sy uitlating dat plaasmoorde nie tot ’n prioriteitsmisdaad verklaar moet word nie en sy dreigemente teenoor boere op ’n imbizo (volksvergadering) Maandag in KwaZulu-Natal.

2. De Ruyter oor sy tyd by Eskom: ‘Dinge raak beter’

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom.

André de Ruyter het goed geweet teen watter vyandigheid of teenstand hy te staan sou kom by Suid-Afrika se kragmonopolie – die staatsbeheerde wrak van ’n Eskom wat deur korrupsie uitgehol is en sukkel om die ligte aan te hou, sy rekeninge te betaal en sy vakbond-oorheersde werkerskorps gelukkig te hou.

3. Skaliegas: Toetsgat van 3,5 km diep in Karoo geboor

Die Raad vir Geowetenskappe (CGS) hou steeds erg optimistiese, foutiewe en verouderde syfers voor oor hoeveel skaliegasreserwes daar dalk in die Karoo kan wees. Die CGS het Maandag amptelik begin met die boor van ’n toetsgat van 3,5 km diep in die omgewing van Beaufort-Wes as deel van sy projek om ’n geoomgewingsbasislynprojek vir die eksplorasie vir skaliegas te vestig.

4. Minister glo planmaker agter bou van ‘huise vir armes

Mosebenzi Zwane, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee en ’n minister in oudpres. Jacob Zuma se kabinet, was na bewering die planmaker om binne vyf maande meer as R1 miljard van die nasionale tesourie te bekom om glo huise aan arm mense in die Vrystaat te verskaf.

5. Chaos van 2020 kry ‘eie’ emoji

Die nuwe emoji “gesig met spirale vir oë”.

Emoji’s kan gebruik word om enigiets van liefde tot humor, vrees en vreugde uit te beeld, maar wat van disoriëntering of net doodgewone onsekerheid oor wat op dees aarde deesdae aan die gebeur is? 2020 is tot dusver ’n besonder chaotiese jaar.

6. Pollard: ‘Leeus nou my nuwe doelwit’

Handré Pollard

Groot beserings gaan nooit tydig of lekker wees nie, maar die Springbok-losskakel Handré Pollard sê hy het al geleer om nie toe te laat dat dit hom onderkry nie. Hy kom Woensdag in die Kaap aan nadat hy onlangs ’n ernstige kniebesering opgedoen het toe hy vir Montpellier in die Franse Top14-kompetisie gespeel het.

7. Zondo ‘jag en teiken Zuma’, sê ondersteuners

Die Zondo-kommissie “jag” en teiken letterlik en “kwaadwillig” vir oudpres. Jacob Zuma omdat hy die prominentste verteenwoordiger van radikale ekonomiese transformasie (RET) is, beweer sy mees stoere ondersteuners en lojaliste.

8. Humanitêre krisis in noorde van Mosambiek ál groter – VN

Die probleme in die noordelike Cabo Delgado-provinsie in Mosambiek ontwikkel in ’n al hoe groter wordende humanitêre krisis, waarsku die Verenigde Nasies (VN) se Wêreldvoedselprogram (WFP).

9. Boucher wil soos Engelse maak met toetskaptein
Mark Boucher
Mark Boucher Foto: Gallo Images

Die Proteas wil Engeland se voorbeeld volg deur iemand anders as die eendag- en T20-kaptein, Quinton de Kock, as die toetskaptein aan te wys. 

10. Paartjie koop plaas vir bewaring

Vir die kritiek bedreigde oewerkonyn-bevolking tussen Barrydale en Montagu in die Wes-Kaap kan daar binnekort effense verligting kom. Die plaas Silflay in die Renosterveld sal hopelik binnekort amptelike status as natuurreservaat van die Wes-Kaapse provinsiale natuurbewaringsagentskap CapeNature en die LUR bekom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.