Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Dinsdag 23 April

Hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste nuusgebeure.

1. Beurtkrag knou ANC-steun, maar prentjie lyk anders vir Cyril

Die ANC se landwye steun onder kiesers het weens die onlangse vlaag beurtkrag van 63% tot 61% gekrimp, terwyl dit feitlik niks aan die steun vir pres. Cyril Ramaphosa as ANC-president gemaak het nie.

2. Isis erken Sri Lanka-bomme was syne

Sri Lankane ween Dinsdag op ’n massabegrafnis van slagoffers wat dood is in die reeks selfmoordbomaanvalle by kerke en hotelle in Colombo. Foto: Reuters

Die Islamitiese Staat (Isis) het verantwoordelikheid vir die selfmoordbomaanvalle in Sri Lanka aanvaar, berig die Israelse koerant Haaretz. Isis het geen bewyse gegee nie.

3. Steve kap Charlize oor hoe sy kind grootmaak 

Die bohaai op sosiale media nadat Charlize Theron gesê het sy maak haar sewejarige aangenome seun, Jackson, nou as ’n meisie groot, wil net nie gaan lê nie. Oor Paasnaweek het selfs Steve Hofmeyr in die Twitter-kryt geklim.

4. Transformasie: Nóú is atletiek in sop

Suid-Afrikaanse atletiek, wat aan die wêreld supersterre soos Caster Semenya en Wayde van Niekerk gelewer het, is in die moeilikheid by die regering omdat hy te stadig transformeer.

5. Ghoema-stryd gaan nie oor Afrikaans nie

In my komvandaanplek het die meeste mense nog nooit van die Ghoemas gehoor nie. Hulle onthou dit straks wel as ’n trom wat uit ’n wynvat gemaak is, maar ken dit beslis nie as die prestigerykste toekenning vir Afrikaanse musiek nie.

6. KZN-storms: Dodetal kan styg

’n Verkeersopeenhoping Dinsdag by die Marianhill-tolhek in KwaZulu-Natal weens die gure weer. Foto: Twitter

Die getal mense wat die afgelope twee dae in die hewige storms in KwaZuluNatal dood is, kan dalk verder styg, het Lennox Mabaso, woordvoerder van die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake, Dinsdag gesê.

7. Mooinooi: Man wil tronkbeampte as getuie dagvaar

Die sogenaamde “meesterbrein” in die Mooinooi-moordsaak wil ’n beampte van die departement van korrektiewe dienste as getuie in sy nuwe borgtogaansoek dagvaar.

8. Waar kry Eskom geld vir reddingsboei vandaan?

Dit is nog duister presies hoe die nasionale tesourie sy reddingsboei aan Eskom gee. Navrae aan die tesourie is nog onbeantwoord. Eskom het navrae na die tesourie verwys.

9. Orania ondersoek sy president ná klagtes

Die posisie van die president van die Orania-beweging in die Noord-Kaap, Carel Boshoff, kan ná ’n onlangse forensiese ondersoek na moontlike ongerymdhede deur die uitvoerende raad (UR) van dié dorp in die gedrang wees.

10. Ouers van slagoffers in brugtragedie dagvaar departement

Die ouers van talle beseerde leerlinge en vermoedelik ook dié van leerlinge wat in die loopbrug-tragedie by die Hoërskool Driehoek gesterf het, dagvaar die departement van onderwys in Gauteng.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.