Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 24 November 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Dinsdag 24 November 2020.

1. Dié rowers soek groot geld

Transitorooftogte het die laaste tyd die lewe van etlike mense geëis en kenners meen dié soort rooftogte gaan toeneem. Raymond Willemse het ondersoek ingestel.

2. 5 dood ná nóg 'n skietery in Kaapstad

Die Wes-Kaapse polisie ondersoek nóg ’n skietery in Kaapstad nadat skieters ook Maandagaand in die informele nedersetting Nyanga losgebrand en vyf mense doodgeskiet het.

3. Chelsea-sterre: Vrouesokker se ‘glanspaartjie’

Chelsea se Magdalena Eriksson en Pernille Harder is spanmaats, lewensmaats en tel onder die beste vrouesokkerspelers in Europa.

4. Trump gee Biden toegang tot staatskas

Nadat pres. Donald Trump vir weke vasgeskop het en nie toegelaat het dat Joe Biden, Amerika se aangewese president, toegang tot die staatskas verkry nie, het hy nou uiteindelik vir Biden die groen lig gegee, al erken hy nie Biden het gewen nie.

Alfredo Jaar
‘Six Seconds’ deur Alfredo Jaar, 2000. Ligboks met kleurtransparant, 184,2 x 123,2 x 19 cm.

5. ‘As kunstenaar het ek misluk’

Waarom moet die wêreld herinner word aan ’n trauma van byna drie dekades gelede? Dit terwyl gemeenskappe in Rwanda aan die herstel is ná die menseslagting van 1994 waarin sowat ’n miljoen mense gesterf het?

6. Uitslae wys ‘DA is in die moeilikheid’

Die uitslae van die onlangse munisipale tussenverkiesings het bevestig dat die DA, Suid-Afrika se grootste opposisieparty, in die moeilikheid is, skryf Roger Southall.

7.‘Skrap TV-lisensies,’ vra Outa

Die invordering van TV-lisensies deur die SAUK het “misluk” en die konsep moet eerder geskrap word.

8. KYK: Lood onthou historiese Cheetah-sege

Die Springbokslot Lood de Jager gesels in ’n video ter viering van 25 jaar van Superrugby oor die Cheetahs se reis na Sydney in 2013 toe die Vrystaters ’n onverwagte oorwinning behaal het.

9. #Kouekoffiema: Noue ontkomings

Met twee bedrywige telge slaak ’n mens elke keer ’n sug van verligting as daar ’n noue ontkoming is. Maar dit is nie elkeen se “koppie koffie” nie, skryf Carla Lang.

10. Elon Musk nou ryker as Bill Gates

Elon Musk (49) is nou op een na die rykste persoon in die wêreld nadat sy persoonlike rykdom Dinsdag dié van Bill Gates verbygesteek het.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.