Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 25 Februarie 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Dinsdag 25 Februarie 2020. 

1. Mboweni sit sonder toorstaf

Suid-Afrikaners het hoë verwagtinge dat Tito Mboweni, minister van finansies, in sy begrotingsrede drastiese stappe sal moet aankondig om die sukkelende ekonomie reg te ruk, maar Mboweni is polities in ’n baie “moeilike” posisie.

2. Eskom se grootste kragstasie moet dalk afgesit word

Eskom is besig om die departement van omgewingsake te smeek om ’n bevel op te skort wat sou beteken sy grootste werkende steenkoolkragstasie moet weens buitensporige besoedeling afgeskakel word.

3. Premier kap Gautengers oor hoë waterverbruik

Gautengers moet baie minder water gebruik, het David Makhura, die Gautengse premier, Dinsdag in sy provinsiale rede gesê.

4. Antjie Krog: FW het van ons wit kansvatters gemaak

Vir FW de Klerk het politieke hervormings en versoening nooit ’n morele oogmerk gehad nie, dit het altyd oor politieke strategie gegaan, sê die bekende skrywer Antjie Krog. Hy het die mislukte, onboetvaardige gesig van wit mense geword. 

5. Tazne: Uitslae van DNS-toets nog nie bekend

Nomafrench Mbombo, Wes-Kaapse LUR van gesondheid, het Dinsdag ’n fout gemaak deur te sê die uitslae van DNS-toetse wat gedoen is op ’n lyk wat naby Worcester gevind is, is bekend.

6. Nóg blikkies vis kan mense dalk siek maak

Nóg ’n klomp handelsname geblikte sardyne is deel van die produkte wat aan die mark onttrek is, onder meer ook blikkies wat onder Spar se handelsnaam verkoop word.

7. SA beurs nog bewerig ná ‘bloedbad’

Die JSE, wat aanvanklik Dinsdag ’n verbetering getoon het ná die skerp val die vorige dag, het teen middagete weer begin daal. Beleggers se angstigheid oor die verspreiding van die koronavirus internasionaal wil net nie wyk nie.

8. Só raak koronavirus Shoprite-groep

Die Shoprite-groep kan sowat R100 miljoen se omset verloor weens produkte uit China wat waarskynlik weens die impak van covid-19, die nuwe koronavirus, nie betyds gelewer kan word nie.

9. KYK: Trump gestonk deur Indiese krieketname

Donald Trump se poging om in die Indiese publiek se goeie boekies te kom het op ’n lagwekkende wyse geboemerang.

10. LUISTER: Vra die kenner - Dawie Roodt

Die 2020-begroting is op hande met hoë verwagtinge dat Tito Mboweni, minister van finansies, die staat se gordel gaan styftrek. Alet Joubert het Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, gevra wat hy dink Mboweni gaan sê en wat hy moet sê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.