Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 26 Mei 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Dinsdag 26 Mei 2020.

1. Inperking: Ander modelle was beskikbaar

Dit is duidelik dat redelike opsies vir ’n staat van inperking reg van die begin af beskikbaar was. Dit lyk nou of bangmaak-scenario’s gegrond op verdagte modellering besluite daaroor beïnvloed het, skryf Johannes Wessels en Mike Schüssler.

2. NOG FOTO'S: 1ste sneeu val, land bibber

Die sneeu het begin uitsak op berge in die Wes-Kaap en suidelike dele van die Noord-Kaap – en die Oos-Kaapse sneeu is op pad.

3. Covid-19: Watter bank gaan koning kraai?

Tegnologie, laer bankkoste en minder kontant is waarskynlik die sleutel tot banke se sukses gedurende die Covid-19-pandemie.

4. Aardklop kry ‘uitklophou’ van Covid-19

Nadat kunstenaars gehoop het om op die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom weer ’n inkomste te verdien, het “te veel onsekerheid” oor Covid-19 die bestuur genoop om vanjaar se fees af te las.

5. Moenie rol van salonne onderskat – ekonome

Die rol wat haarsalonne, kleuterskole, gastehuise, restaurante en die talle ander kleiner ondernemings in die ekonomie speel, maar wat steeds gedurende vlak 3 van die inperking nie mag oopmaak nie, moenie onderskat word nie.

6. Vettel skort Schumi se Ferrari-toorkrag – Ecclestone

Bernie Ecclestone, voormalige grootbaas van Formule Een, sê dit was onvermydelik dat Sebastian Vettel Ferrari sou verlaat omdat hy nooit oor “dieselfde toorkrag” as Michael Schumacher saam met dié span beskik het nie.

7. Mans sit voet in hoek met bakkievrag sigarette

Drie mans wat na bewering die naweek met ’n bakkievrag smokkelsigarette vir die polisie in Limpopo weggejaag het, is agter tralies.

8. Kinders jonger as 2 moenie maskers dra – kenners

Kinders onder die ouderdom van twee jaar moenie maskers dra nie, want dit kan hul asemhaling bemoeilik en die risiko van verstikking verhoog, het ’n mediese groep in Japan gesê. Hulle het ’n dringende beroep op ouers gedoen om die gebruik van maskers by hierdie jong kinders te stop.

9. Eers verskoning, nou sê MNR hy sal Gray nie ondersoek

Skaars ’n dag nadat die Mediese Navorsingsraad (MNR) die regering om verskoning gevra het oor die kritiek van prof. Glenda Gray, die organisasie se president en uitvoerende hoof, het die MNR se raad besluit om haar nie te ondersoek nie.

10. 3 laat knopiespinnekop hul byt

Drie jong broers van Bolivië wou so graag Spider-Man wees dat hulle ’n knopiespinnekop met ’n stok aangepor het om hulle te byt.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.