Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 27 Oktober 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Dinsdag 27 Oktober 2020.

1. Staatskuld: die ramp in wording oor 10 jaar

Op die vooraand van Tito Mboweni, minister van finansies, se mediumtermynbegrotingsrede (MTBR) kyk Netwerk24 na hoe staatskuld die tesourie se grootste probleem geword het.

2. FOTO'S: Magashule in hof oor 'gesteelde' Pierneef

Tot vandag weet hy nie of Pierneef ’n skildery of ’n mens is nie. Die naam Pierneef beteken vir hom niks nie, het Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, in die hooggeregshof in Bloemfontein getuig

3. Bafana-kaptein: Verdagtes ontken betrokkenheid

Senzo Meyiwa Foto: Gallo Images

Vyf mense het Dinsdagoggend vir die eerste keer in die landdroshof in Boksburg verskyn in verband met die moord op Senzo Meyiwa, voormalige kaptein van Bafana Bafana en Orlando Pirates, in 2014.

4. DA weer in beheer van Tshwane

Die DA sal ingevolge ’n meerderheidsbeslissing van die appèlhof weer in beheer van die Tshwane-metro wees. John Steenhuisen, die DA se tussentydse leier, het die beslissing wat Dinsdag gelewer is, verwelkom en gesê daar sal daadwerklik ingespring word om die metroraad reg te ruk.

5. Mense waarskynlik nié immuun ná Covid-19

Net omdat iemand positief toets vir teenliggaampies, beteken dit nié hulle is immuun teen die koronavirus nie.

6. DA-kandidate voer agter toe deure debatte

Die debatte tussen kandidate wat meeding om topposte in die DA vind agter toe deure plaas omdat openbare debatte die “demokratiese proses sal ondermyn” en die party se beeld skade sal berokken.

7. Duur vlugte in Desember dalk jou voorland

FlySafair het Dinsdag ’n ongewone ding gedoen: Hy het by sy mededingers gepleit om hul vliegtuie in die lug te kry om te voorkom dat vliegkaartjiepryse skerp styg. Kirby Gordon, bemarkingshoof, sê die vraag na plaaslike vlugte is vinnig besig om toe te neem.

8. Wolseley-moorde: Beskuldigde in hof ná 3 lyke gekry is

Siyamcela Sombambela (33) met sy verskyning in die landdroshof in Wolseley. Foto: Jaco Marais

’n Man het Dinsdag in verband met die ontdekking van drie lyke vlugtig in die landdroshof in Wolseley verskyn. Die hof het Dinsdag gehoor dat Siyamcela Sombambela (32) glo ’n skulderkenning in verband met die gruvonds aan die polisie gemaak het.

9. Nóg 2 brigadiers in polisie vas oor wapenlisensies

Speurders wat gewerk het saam met die vermoorde lt.kol. Charl Kinnear, ’n speurhoof van die Wes-Kaapse teenbende-eenheid, het Dinsdag nog twee brigadiers van die polisie in Gauteng in hegtenis geneem weens hul beweerde betrokkenheid by die onwettige uitreik van vuurwapenlisensies. 

10. Wie is beste vir SA: Trump of Biden?

Miljoene Amerikaanse kiesers staan in hierdie dae in lang rye om in die presidentsverkiesing te stem. Maar wat beteken die verkiesing vir Suid-Afrika? En wie gaan die beste vir ons land wees – Donald Trump of Joe Biden? Leopold Scholtz soek na ’n antwoord.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.