Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 28 Januarie 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Dinsdag 29 Januarie 2020. 

1. Koronavirus: Rede tot kommer vir SA?

Die wêreld is op hol oor die uitbreking van die nuwe koronavirus in Wuhan, ’n stad in die Hubei-provinsie in China. Is daar rede tot kommer vir Suid-Afrika, skryf Jana Marx.

2. Motsepe sê jammer oor ‘Trump-liefde’

Die mynmagnaat Patrice Motsepe het Dinsdag om verskoning gevra vir sy uitlatings oor Amerika en sy president, Donald Trump.

3. Beloftebos: 'Jesus is vir ons lief nes ons is'

Megan Watling (25) en Sasha-Lee Heekes (24) se verhouding was ’n maand gelede nog grootliks ’n geheim. Nou weet die hele wêreld van hul verhouding nadat hulle besluit het om die trou-venue Beloftebos by die Gelykheidshof te verkla.Foto’s: Jaco Marais

Sasha-Lee Heekes en Megan Watling, die selfdegeslagpaartjie wat nou regstappe teen die trou-venue Beloftebos wil doen, het eksklusief aan Willemien Brümmer vertel hoekom hulle hul lewe in skaamte moes leef.

4. ‘Kanadese Gimmie’ laat kolf praatwerk doen

’n Krieketspeler van Paarl Gimnasium speel tans die wêreld aan die brand in die o.19- Wêreldbeker-toernooi – vir Kanada, sy geboorteland.

5. Geen drank in Matiekoshuise: Seun se dood ‘nie verniet’

Hul seun se dood was nie verniet nie, sê die ouers van Leandró Hopley (18), wat verlede jaar as eerstejaarstudent aan die Universiteit Stellenbosch (US) dood is. Charl en Suzette Hopley het so gereageer nadat die US aangekondig het dat drank nou amptelik in koshuise verbied word. 

6. Grond: Regering steel net, sê Steenhuisen aan boere

Wat grondhervorming betref, “lê die grootste fout nie by die Grondwet nie, maar by die regering wat niks kan doen sonder baantjies vir boeties of om te steel nie”, sê John Steenhuisen, tussentydse DA-leier.

7. Hoofregter sal nou sê oor Rameez Patel se appèl

Rameez Patel en sy eerste vrou, Fatima. Hy staan tereg weens haar moord. Foto: Verskaf

Die lot van Rameez Patel (32), dubbelmoordbeskuldigde van Polokwane, is nou in die hande van die regterpresident van Limpopo. Regter Ephraim Makgoba, die hoofregter, het Maandagmiddag in die hooggeregshof in Polokwane gesê Patel se saak kan nie verder sloer nie.

8. Top-presteerder kan ná kansellasie wel medies studeer

Die top-matrikulant oor wie daar vroeër berig is nadat sy nie vir medies gekeur is nie, begin wel Maandag met haar mediese studie aan die Universiteit Stellenbosch (US) nadat daar kansellasies vir die kursus was.

9. Parktown-tragedie: Hartseer skool neem afskeid

“Dit is nou al die norm vir my om doodsertifikate eerder as rapporte uit te reik. Ons het nog nooit met die Here se wil gestry nie, maar ons pleit nou: Genoeg is genoeg.” So het Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderrig, Dinsdag in die roudiens vir Enock Mpianzi gesê.

10. Lugtyd, data van MTN kan dalk tydelik ‘verdwyn'

MTN-kliënte wat in die komende dae data of lugtyd koop, kan dalk ’n onderbreking in die toekenning daarvan ondervind

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.