Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 3 Desember 2019

Hier is die 10 moet-lees-stories op Dinsdag 3 Desember 2019. 

1. Hoogdrama voor Breytenbach geboei is

Met 'n botteltjie water in sy hande wat voor hom vasgeboei is, het Willem Breytenbach, sakeman, oudonderwyser en voormalige Media24-werknemer, Dinsdag by die kantore van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings in Mosselbaai aangekom vergesel van speurders van dié eenheid se provinsiale kantoor.

2. Stella-moorde: Xander se DNS op geen bewysstukke gevind

Marna Engelbrecht (16) en Sharnelle Hough (17). Foto: Facebook

DNS wat nie aan Xander Bylsma (20) óf Sharnelle Hough behoort nie, is onder haar naels gevind nadat sy vermoor is. Dis onbekend aan wie dié DNS behoort, het kapt. Matukudu Mashegoana, ’n forensiese kenner van die polisie se forensiese wetenskaplaboratorium in Pretoria, Dinsdag in die hooggeregshof in Mmabatho, Noordwes, getuig.

3. EFF neem plaas oor waar man deur boer vermoor is

Terwyl die familie en vriende van Anele Hoyana (40) nog sukkel om tot verhaal te kom ná sy dood, het lede van die EFF sy moordenaar, Fritz “Majeke” Joubert (45), se plaas oorgeneem.

4. MTN, Vodacom gelooi ná nuus oor goedkoper data

MTN se aandeelprys het Dinsdag tot sy laagste vlak in nege maande geval nadat die Mededingingskommissie aangekondig het dié diensverskaffer moet die prys van sy data binne twee maande met tot die helfte verlaag.

5. ‘Maak huis skoon by Krieket Suid-Afrika’

Norman Arendse, die voormalige president van Krieket Suid-Afrika (KSA), sê die hele kaboedel verantwoordelik vir die gemors waarin Suid-Afrikaanse krieket tans is, moet onmiddellik bedank.

6. Raad vir onderwysers wíl Bishops-juffrou se kant hoor

Die Suid-Afrikaanse Raad vir Onderwysers (Saro) het Maandag gesê hulle sal ook die optrede van Fiona Viotti, voorheen ’n onderwyser by Bishops-kollege in Rondebosch, ondersoek, en hulle sál haar kant van die saak hoor.

7. Die grusame dood van ’n renoster 

Niks kon die grusame aard van die renoster-oorloë beter by mense tuisbring as die lot van Geza, wat stropers in 2011 ten prooi geval het nie, skryf Grant Fowlds en Graham Spence in dié geredigeerde uittreksel uit Saving the Last Rhinos

8. ‘Prins Andrew se sweet was oral’

Virginia (Roberts) Giuffre tydens haar BBC-onderhoud. Foto: BBC Panorama

“Dit is nie ’n smerige seksstorie nie. Dit is die storie van hoe daar sekshandel gedryf is. Dit is die storie van mishandeling en dit is die storie van julle koninklikes.” Met dié woorde het Virginia (Roberts) Giuffre, die vrou midde-in die seksskandaal waarin prins Andrew hom bevind, Maandagaand haar kant van die storie in die Jeffrey Epstein-sage vertel.

9. SA sjef onder wêreld se bestes

Die Restaurant Mosaic in Elandsfontein, buite Hartebeespoortdam het Maandagaand kulinêre geskiedenis gemaak toe hy by die Franse La Listewêreldrestauranttoekennings as Suid-Afrika se beste restaurant bekroon is. Dis die eerste keer dat ’n Gautengse restaurant die prys wen.

10. Ekonome: ‘Die geld is nou óp!’

Die jongste inligting deur Statistieke Suid-Afrika(SSA) oor die verdere verswakkende ekonomiese groei in die derde kwartaal beklemtoon die feit dat die ekonomie in ’n baie kommerwekkende posisie verkeer en dat kanse vir ’n ekonomiese herstel vanjaar baie skraal is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.