Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 30 Junie 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories vir Dinsdag 30 Junie 2020.

1. Standbeeld-kwessie: ‘Kruger moet skuif’

Dit is nie ’n kwessie van of die standbeeld van Paul Kruger van Kerkplein geskuif moet word nie, maar eerder deur wie en wanneer, sê dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK).

2. Dominee se lewe was ’n ‘voorbeeld vir almal’

Ds. Henk Calitz (40) van die Nederduitsch Hervormde kerk Carletonville in Gauteng se lewe was ’n voorbeeld vir almal. So het ds. Marius Kramer Dinsdag tydens ’n roudiens vir Calitz gesê.

3. Petrolprys: Hier is finale styging op 1 Julie

Dit gaan jou in Julie baie na aan R100 méér kos om jou motor se tenk vol te kry.

4. ‘As hulle sê jy mag nie rook nie, wil hulle my nog vrekker hê’

Die verbod op die verkoop van tabak het die lewe baie moeilik – en duur – vir rokers gemaak. Marzahn Botha het gaan hoor wat sê een van die land se bekendste rokers, die blomverkoper Diela Gamildien, en ander daaroor.

5. Fonds gestig om Cawood in kankerstryd by te staan

Die Suid-Afrikaanse Legendesmuseum in Pretoria het ’n fonds gestig om die aktrise Elize Cawood in haar kankerstryd by te staan.

Elize Cawood

6. Arabiese miljardêrs teiken sterre

Die All Black-ster Beauden Barrett en Walliese losskakel Dan Biggar se name word genoem in lonende skuiwe na die Franse ProD2-span Beziers.

7. Seun praat ná erge plaasaanval in Vrystaat

Die verwoesting van ’n mens wat vir 82 jaar net liefde gegee het, sal hom altyd bybly. Dit is die woorde van Frans du Toit van Petrusburg wie se ma, Janetta (82), en broer Wimpie (54) Vrydagaand op hul plaas deur drie rowers met ysterstawe aangerand is.

8. Dié is SA se gunsteling-vulstasie

Suid-Afrikaners is baie lojaal teenoor hul gunsteling-vulstasies, maar watter een kraai koning?

9. Islamitiese terreurgroep ‘bedreig ook SA’

’n Toenemende insypeling van militante insurgente in die noordelike dele van Mosambiek hou ook vir Suid-Afrika ’n bedreiging in, skryf Theo Neethling.

10. Dokters vra mediese fondse om hulp om te oorleef

Dokters in die private sektor is so desperaat om finansieel te oorleef dat die bedryf met ’n voorstel vorendag gekom het oor hoe mediese fondse tot hul redding kan kom.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.