Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 31 Maart 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Dinsdag 31 Maart 2020.

1. ‘Só ondermyn polisie, soldate inperking’

Polisiebeamptes – en soldate – moet daarteen waak om die geloofwaardigheid van die landwye staat van inperking deur gewelddadige optrede te ondermyn. Só waarsku twee kenners, die politieke ontleder dr. Ralph Mathekga en die polisiekundige prof. Rudolph Zinn van Unisa.

2. Hierdie bedrywe kan poste verloor

Meer as 1,6 miljoen poste in die informele sektor kan verlore gaan weens die Covid19-pandemie in Suid-Afrika en as informele werkers en huiswerkers ingereken word, kan die syfer met nog sowat 1,5 miljoen styg.

3. 4 bejaardes van tehuis in Durban het virus

Vier inwoners van ’n tehuis vir bejaardes in Durban is in isolasie in hospitale nadat hulle positief getoets is vir die virus wat Covid-19 veroorsaak. ’n Vyfde inwoner van die Bill Buchanan Association for the Aged in Morningside is ook getoets en in isolasie, maar die tehuis wag nog op die uitslae.

4. Dís wanneer hulp aan kleinsake uitbetaal word

Kleinsakeondernemings wat finansieel swaarkry weens die staat van inperking, kan ’n uitbetaling binne vyf werkdae verwag vanaf die dag waarop hul aansoek om hulp goedgekeur is.

5. Spaar só data as jy van die huis af moet werk

Die staat van inperking is ons nuwe realiteit. Dit beteken miljoene Suid-Afrikaners moet vir die volgende paar weke van die huis af werk. Dit benodig in die meeste gevalle ’n stabiele internetverbinding, en natuurlik ook groot hoeveelhede data.

6. KYK: 2 000 hawelose mense in tente in stadion in Pta

Hawelose mense wat in Pretoria in hul massas saamgebondel is, is vies vir pres. Cyril Ramaphosa oor die haglike omstandighede waaronder hulle veronderstel is om aan die gevreesde Covid-19-virus te ontkom.

7. Opod ondersoek 2 moorde waarby polisie glo betrokke was

Twee moorde en ’n verkragting waarby Wes-Kaapse polisiebeamptes vermoedelik betrokke was, word deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek.

8. Kyk ‘Moffie’ van vandag af aanlyn

Fliekgangers wat graag die nuwe Suid-Afrikaanse rolprent, Moffie, wil sien, kan van vandag af aanlyn daarna kyk.

9. Kommissie oorval met klagte oor hoë pryse

Die Mededingingskommissie het al meer as 500 klagte oor buitensporig hoë pryse ontvang sedert die regering op 15 Maart ’n ramptoestand afgekondig het.

10. RAPPORT REGSTREEKS: Lesers vertel oor grendelstaat

Rapport-lesers vertel oor hoe die inperking hulle affekteer. 

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.