Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 4 Mei 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Dinsdag 4 Mei 2021.

Ace Magashule
1. Ace ‘sal gedwing word’ om opsy te staan

Alles dui daarop dat Ace Magashule "gedwing" gaan word om as sekretaris-generaal van die ANC opsy te staan.

2. R1,4 mjd. se bates bevries in Eskom-saak

Die bates van mense wat van korrupsie by Eskom aangekla word, is pas bevries.

3. KYK: ‘Kilian weet meer as wat hy sê’ – regsman

“Kilian weet meer as wat hy my vertel het.” Dit was die woorde van Eric Bryer die afgelope week in ’n onderhoud met die joernalis Izak du Plessis.

Eric Bryer, Zane Kilian se regsverteenwoordiger, in die hof.

4. Zondo-getuies mislei kommissie oor hom, sê Koko

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping “akkommodeer die getuienis van leuenaars”, wat bydra tot ’n agenda teen hom.

5. Onnie kritiek 'nadat kollega haar met mes steek'

’n Onderwyseres in Noordwes is in ’n kritieke toestand in die hospitaal nadat ’n kollega wat glo geweier het om sy hande te ontsmet, haar na bewering Maandag by hul skool verskeie kere met ’n mes gesteek het.

6. 2 wat sterf toe hospitaal brand, was Covid-pasiënte

Twee Covid-19-pasiënte is Dinsdagoggend dood toe ’n brand in die F.H. Odendaal- provinsiale hospitaal in Modimolle, Limpopo, uitgebreek het.

Bill Gates, Melinda Gates
Bill en Melinda Gates

7. Bill en Melinda Gates skei ná 27 jaar

Ná 27 jaar van getroude lewe saam het die paartjie Bill en Melinda Gates Maandag ’n egskeiding aangevra en gesê hulle dink nie hulle kan meer as ’n paartjie verder groei nie.

8. KYK: Hoe suksesvol was Biden in sy 1ste 100 dae?

Pres. Joe Biden was onlangs 100 dae lank in sy amp. Dié geleentheid word dikwels gebruik om ’n balansstaat oor ’n nuwe president se beleid en optrede op te stel. Hier is Leopold Scholtz se versigtige en voorlopige poging.

9. Indiese Premierliga vir eers opgeskort

Die Indiese Premierliga (IPL) is vir eers opgeskort weens die Covid-19-krisis in die land. Brijesh Patel, IPL-voorsitter, het dit Dinsdag aan Reuters bevestig.

10. Skilder (78) kry hulp om katarak te verwyder

’n Skilder (78) van Hartenbos wat bang was dat hy sy sig gaan verloor weens ’n katarak op sy een oog, kan nou rustig voortskilder nadat ’n oogspesialis van George aangebied het om hom te help.

Rudolph Clench sit en skilder.
Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.