Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 6 April 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Dinsdag 6 April 2021.

1. Jagter 'ken tiener wat hom glo doodskiet'

Die vermeende tienermoordenaar van Leon Keith Vermeulen (40), wie se lyk op 28 Maart in die veld by Schmidtsdrift in die Noord-Kaap gevind is, het Vermeulen glo goed geken.

Leon Keith Vermeulen en Charlene Croucamp, sy verloofde, is albei van Kimberley. Foto: Facebook

2. Rowers buit glo miljoene in transito-rooftog in Upington

Miljoene rande is Dinsdagoggend in ’n gewapende transitorooftog naby die Kalahari Mall in Upington in die Noord-Kaap gebuit.

3. Ivermektien: Hof sê jou dokter mag dit nou voorskryf

Dokters mag nou medisyne met ivermektien as die aktiewe bestanddeel op eie diskresie voorskryf en apteke met ’n lisensie om medisyne te vervaardig, sogenaamde samestellende apteke, mag medisyne met die middel as aktiewe bestanddeel daarin vervaardig. Hulle hoef nie meer vir art. 21-goedkeuring by die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) aansoek te doen, soos aanvanklik vereis is, nie.

4. R106 mjd. se mediese eise teen staat

Die ouditeur-generaal se jongste verslag is nie ligte leesstof nie, maar daar is wel klein ligpuntjies.

5. Wainstein-moord: Strop trek nouer om onderwêreld se nek

Hotel 303 in Seepunt. Dit is waar Ismail Cupido, die 17de persoon wat in verband met die moord op Brian Wainstein, die sogenaamde steroïdekoning, in hegtenis geneem is, gewoon het.

6. ‘God help die mense’ – SA huursoldaat in Mosambiek

Die Mosambiekse weermag sê hy het volle beheer oor Palma herwin, meer as ’n week nadat die kusdorp deur Islamitiese militante oorval is.

7. Obsessie lei tot bloedige rugbystryd

Die rugbytoere tussen die Springbokke en Nieu-Seeland van 1956 en 1960 was van die intensste reekse tussen dié twee rugbylande, vertel Bun Booyens.

Dewald van den Berg is beslis nie meer in die agtergrond nie. Hier soen hy sy bruid, Minke. Foto: Chanel Bergh

8. Twee trou 20 j. nadat hulle toevallig saam op foto is

Die rooikopseuntjie wat twee dekades gelede agter haar gestaan het op ’n foto wat op ’n kinderpartytjie geneem is, is nou die man met die groot glimlag aan haar sy op hul troufoto.

9. Hof bevind kunsteraad se aansoek om interdik is dringend

Die Nasionale Kunsteraad het hom Dinsdag tot die hof gewend in ’n poging om sowat 20 sitstakers in sy kantore in Newtown, Johannesburg, te verwyder.

10. In Kalahari het Charles die bal leer sool

Op ’n plaas in die Kalahari waar daar nie eens sprake van gras is nie, wat nog te sê ’n rugbyveld, het Charles Williams, die Ixias se losskakel, as kind dikwels skoplesse gekry.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.