Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Dinsdag 7 April 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Dinsdag 7 April 2020.

1. Virus: Cyril rede vir vertroue in regering – opname

Pres. Cyril Ramaphosa se sterk leierskap sedert die uitbreking van Covid-19 in die land is waarskynlik die rede waarom Suid-Afrikaners nou soveel vertroue in die regering het.

2. Wynbedryf kry goeie nuus oor uitvoer

Die wynuitvoerbedryf het Dinsdag ’n kollektiewe sug van verligting gegee toe bekend gemaak is hulle mag voortgaan om wyn uit te voer.

3. Internetverkeer skiet die hoogte in

Internetverkeer in Suid-Afrika is besig om die hoogte in te skiet te midde van die staat van inperking wat mense dwing om tuis te bly.

4. WhatsApp plaas perk op aanstuur van boodskappe

WhatsApp het verdere beperkings ingestel op die aantal kere wat gebruikers ’n boodskap kan aanstuur

5. FNB: Só gaan Covid-19 huismark knou

Covid-19 het reeds ’n impak op die huismark deurdat transaksievolumes daal, sê FNB in sy jongste eiendomsbarometer. 

6. Koeberg se noodplan ‘sal nie nou werk’

As daar nóú iets skeefloop by die Koeberg-kernkragstasie en die mense in die omringende gebied aan die Kaapse Weskus moet ontruim word, is die huidige noodplan vir Koeberg nie werkbaar te midde van die nasionale inperking nie.

7. Inperking ‘moet intelligent aangepas word’

Moet die landwye inperking gestop word om die ekonomie te red, maar sodoende mense se lewe in gevaar stel? Of moet die inperking verleng word om meer mense se lewe te spaar, maar met die vernietiging van die ekonomie as gevolg, wat dalk veel meer mense se dood kan kos weens hongersnood en armoede?

8. Teams: Raad aan onnies, leerlinge wat skoolgaan

Oor Suid-Afrika heen het leerlinge vandeesweek begin terugkeer na die skoolboeke. Maar weens die staat van inperking is studeerkamers en eetkamertafels byna oornag in klaskamers omskep omdat fisieke skole steeds gesluit is.

9. Stuur só ’n ‘koepon’ vir kos na ’n selfoon

Jy kan ’n familielid of werknemer wat in nood verkeer tydens die staat van inperking nou help om kos te koop, selfs al kan jy nie self kos vir hulle neem nie.

10. Koronakrisis: Ons wêreld het reeds verander

Dat die krisis betreffende die koronavirus drastiese ekonomiese – en dus ook politieke – gevolge sal hê, is bekend. Maar wat van die sosiale gevolge? Leopold Scholtz probeer duidelikheid verskaf. 

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.