Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 1 April 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Donderdag 1 April 2021.

1. Vakbonde steun Cyril oor Ace, ander beskuldigdes

Suid-Afrika se grootste vakbonde steun die besluit van pres. Cyril Ramaphosa en die ANC dat Ace Magashule en alle ander korrupsie-beskuldigdes in dié party vrywillig hul poste moet ontruim.

Ace Magashule Foto: Daily Sun

2. Staat lê beslag op miljoene rande van Guptas

Miljoene rande in ’n bankrekening van Sahara Computers, een van die omstrede Gupta-familie se maatskappye, is deur die staat verbeurd verklaar.

3. KYK: Emiel se ma pleit haar kind soos ’n 'glasbal' moet huis toe kom

Die ma van Emiel Smit (18), wat in die Paarl in die Wes-Kaap vermis geraak het, sê haar seun is soos ’n glasbal wat sy nooit sal laat val nie.

Emiel Smit Foto: Verskaf

4. Nasionale Kunsteraad kry eerste bloedneus in hof

Vreugdevure in kunstekringe brand landwyd hoog nadat die Nasionale Kunsteraad (NAC) in die hooggeregshof in Johannesburg vir die eerste keer op die vingers getik is oor die omstrede manier waarop hy R300 miljoen se noodfinansiering aan kunstenaars uitbetaal.

5. Nuwe wet oor skenkings aan partye tree in werking

Vanaf Woensdag om middernag is die Wet op die Finansiering van Politieke Partye, waarvolgens politieke partye alle inligting rakende skenkings van meer as R100 000 bekend moet maak, van krag.

6. Drank in jou motor: Ja, dis wettig, maar...

Alle verwarring oor die vervoer van drank is nou uit die weg geruim: Dit word beslis nié in die nuutste inperkingsregulasies verbied nie.

7. Eisj, Ace, sê my tog dis net ’n grap op 1 April!

"Eisj, Ace. Sê vir my dit is ’n 1 April-Gekkedaggrappie, bra. Please, Ace. Sê vir my hierdie is alles net ’n nagmerrie en niks hiervan is waar nie . . .”

8. Man vertel: Ons pyn nadat seun doodgebore is

“Ek is gewoonlik ’n sterk man, maar toe die dokter die nuus aan my meedeel, het ek inmekaar gesak.”

Bradley en Sandra Arendse met ’n ultraklank-foto van Kayden tydens Sandra se swangerskap. Foto: Verskaf

9. Skolerugby-wedstryde kry groen lig

Skolerugby het by die departement van onderwys, sowel as die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), die groen lig gekry om in April volstoom te begin.

10. Wat het verkeerd geloop in noorde van Mosambiek?

Die onlangse bloedvergieting in Mosambiek se Cabo Delgado-provinsie voorspel niks goeds vir die ontginning van Mosambiek se natuurlike hulpbronne en gepaardgaande ontwikkeling nie, skryf Theo Neethling.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.