Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 10 Junie 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Donderdag 10 Junie 2021.

1. Groot gejubel: Só kan beurtkrag binne ’n jaar eindig

Pres. Cyril Ramaphosa het dalk Donderdag die belangrikste aankondiging tot nog toe vir energiesekerheid in die land gemaak.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Getty Images

2. Dís hoekom Mkhize se adjunk nie waarneem

Dr. Zweli Mkhize se adjunk is nie as waarnemende minister van gesondheid aangestel nie omdat hy “nie ’n kabinetslid is nie”, sê Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie.

3. Só lyk Eskom se toekoms, sê De Ruyter

Kragstasies wat eersdaags “aftree” en Suid-Afrika se dreigende waterkrisis is maar net van die redes waarom hy hoop om Eskom te laat groen word, het André de Ruyter aan Jana Marx gesê.

André de Ruyter, Eskom-hoof, tydens ’n onderhoud met Netwerk24. Foto: Deaan Vivier

4. Gay paartjie 'beslis ook welkom' op matriekafskeid

Die Hoërskool Zwartkop in Centurion sê hy het nie ’n probleem daarmee dat paartjies van dieselfde geslag die skool se matriekafskeid saam bywoon nie.

5. Amore Bekker: Krapperigheid in keel toe Covid-19

Die RSG-omroeper Amore Bekker is positief vir die koronavirus getoets. “Dit voel soos ’n baie slegte griep. Ek is net dankbaar ek het nie my eetlus verloor nie,” het Bekker, wat tuis aansterk, hoesende oor die foon aan Netwerk24 gesê.

Amore Bekker. Foto: Argier
Amore Bekker Foto: Argief

6. Prins Philip op sy 100ste vereer met prag-roos

Prins Philip, ontslape eggenoot van koningin Elizabeth, sou Donderdag sy 100ste verjaardag gevier het.

7. ‘Word wakker, dié onteiening sal SA oor afgrond stuur’

Suid-Afrikaners moet wakker word en besef die wysiging aan art. 25 van die Grondwet – wat onteiening sonder vergoeding moontlik sal maak – hou die grootste gevaar tot nog toe in vir demokrasie in Suid-Afrika, sê dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR vir landbou.

8. Molefe se aantygings teen Cyril voor Zondo weerlê

Pres. Cyril Ramaphosa se status is nié deur die Optimum-myn gebruik nie en die president was nié op enige manier betrokke daarby om met Eskom te onderhandel en die pryse vir die verskaffing steenkool aan die kragverskaffer vas te stel nie, het die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gehoor.

9. Regulasies: Só moet akteurs op stel soen, intiem wees

Die verantwoordelikste en veiligste manier om naak- en sekstonele op rolprent- en TV-stelle in Suid-Afrika te verfilm, is in nuwe omvattende regulasies vervat – die eerste in sy soort in die land.

10. KYK: Dis Novak teen Rafa vir die 58ste keer

Novak Djokovic het Woensdagaand ’n 58ste ontmoeting met Rafael Nadal verseker toe hy by die Franse Ope sy 40ste Grand Slam-halfeindronde gehaal het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.