Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag, 11 Julie 2019

Indien jy vandag nie tyd gehad het om op die hoogte van nuusgebeure te bly nie, bring Netwerk24 vir jou 'n keur van die dag se 10-moet-lees-stories.

1. Vrou betaal glo deposito vir huurmoord op man

Enkele ure voor die huurmoord op ’n sakeman van Bloemfontein het sy verpleegstervrou glo ’n deposito aan sy moordenaars betaal en so sy lot verseël.

2. Wes-Kaapse wynboer steek man glo met mes dood

’n Bekende boer van Stanford in die Wes-Kaap word van moord aangekla nadat hy 'n man op sy plaas aangetref het en hom later glo met 'n mes doodgesteek het. 

3. R50 mjd. se taks verlore aan staatskaping

Enigiets tussen R30 miljard en R50 miljard se belastinginkomste is verbeur weens die korrupsie en staatskaping by staatsondernemings

4. Ma van Brakpan skiet glo haar 3 kinders, toe haarself

'n Vrou van Brakpan aan die Oos-Rand het glo haar drie kinders doodgeskiet voordat sy glo haar eie lewe geneem het.

5. Gordhan se hofaansoek ’n belediging – OB

Die woordetwis tussen Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, sleep voort. Mkhwebane het Donderdag aangekondig sy sal Gordhan se hofstryd teen haar bevindings oor die sogenaamde geheime spioeneringseenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) teenstaan. 

6. Koloane se lot ‘sal met Ramaphosa bespreek word’

Bruce Koloane se lot as Suid-Afrika se ambassadeur in Nederland sal dringend met pres. Cyril Ramaphosa bespreek word, sê dr. Naledi Pandor, minister van internasionale samewerking en verhoudinge.

7. Kabinet sê ja vir wetsontwerp oor NGV-plan

Die kabinet het die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) van 2018 goedgekeur om in die parlement ter tafel gelê te word.

8. Rand sterkste in 5 maande, klim tot R13,89

Die rand het Donderdag tot sy sterkste vlak in bykans vyf maande geklim. Die rand het teen 13:00 tot R13,89 teenoor die dollar verstewig. Dit volg na hy vroegoggend nog teen R13,98 verhandel het.

9. 'Zuma het ook ons swartheid vernietig' 

Swart mense moet in gesprek tree, met mekaar en namens mekaar. Dis tyd om openlik te praat oor rasredenasie wat die grondslag vorm vir die verlammende “wat van”-absolutisme, skryf Songezo Zibi.

10. 'Wit mense: Hoekom moet Zindzi Mandela vergeet'?

“Ons kan net ’n nie-rassige samelewing bereik as ons ophou voorgee en reguit praat oor wat moet verander. Sedert 1994 word verwag dat ons net moet vergeet waardeur geslagte volwassenes en kinders gedurende apartheid gegaan het.” So sê Jessie Duarte, adjunksekretarisgeneraal van die ANC, oor die herrie wat om die kop van Zindzi MandelaHlongwane, dogter van oudpres. Nelson Mandela en Winnie MadikizelaMandela, losgebars het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.