Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Donderdag, 11 Oktober

As jy nie vandag op hoogte kon bly van die jongste nuus nie - hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste gebeure.

1. 3 boeties se verkragter lank tronk toe

Die dag toe hul ma se (nou gewese) kêrel daaraan skuldig bevind is dat hy hulle verkrag en seksueel aangerand het, kon drie boeties se genesing uiteindelik begin.

2. Die A tot Z van die VBS-skandaal

Die veelbesproke VBS Mutual Bank word oor die kole gehaal in ’n verdoemende verslag wat Woensdag deur die Reserwebank uitgereik is. Lees ook: ‘Rassis’ red R60 miljoen van VBS Mutual Bank

Xander Bylsma in September buite die landdroshof in Vryburg. Foto: Simon Sonnekus

3. Xander ‘het al vriende in tronk gemaak’

Xander Bylsma (19) het al ’n paar vriende in die Rooigrond-gevangenis naby Mahikeng gemaak en deel sy geld met hulle, sê sy ma, Mercia.

4. Bekende Vrystaatse wildteler vas oor renosterhorings

’n Bekende Vrystaatse uitvoerder en teler van skaars wild en ’n medebeskuldigde, wat albei vir die besit van renosterhorings van R7,6 miljoen in hegtenis was, is op borgtog vrygelaat.

5. Tandarts se slagoffer ‘sal voorval nie uit kop kry’

'n Seun wat in 2015 op 13-jarige ouderdom seksueel betas is deur ’n tandarts van George, “sal nooit die gedagtes oor die voorval uit sy kop kan kry nie”.

6. Bobby vir die 2de keer in 2 dae by OR Tambo besteel

Die sanger en aanbieder van die nuwe werklikheidsprogram Die Kontrak, Bobby van Jaarsveld, is vir die tweede keer in twee dae by die OR Tambo internasionale lughawe in Kempton Park besteel.

Cheslin Marsh se ma, Marilyn, troos hom in die hof. Foto: Adrian de Kock

7. ‘Bloed het by Hannah se oë uitgekom’

Daar was bloed wat by haar mond en oë uitgekom het, maar geen beserings is aangemeld nie.

Lees ook: Cheslin: ‘Ek het my oë toegemaak en gebid’ en OORSIG: Video van jaagtog ingedien

8. Met Bra Tito veg ons teen die plunderaars 

Iewers in 1995 het ek en Tito Mboweni oor ’n glas rooi ’n paar woorde gevoer. Dis toe dat hy my van sy voorliefde vir Afrikaanse musiek vertel het. Veral vir die liedjies van Laurika Rauch.

9. Oënskynlike misdaadnes in Westbury oopgekrap

Dit blyk dat die polisie ’n oënskynlike misdaadnes oopgekrap het in Westbury nadat onder andere ook twee polisiebeamptes in hegtenis geneem is.

10. Leer ’n ander taal: Dis ál makliker!

Of dit vir ’n oorsese vakansie of ’n sakereis is, of dalk wil jy bloot met jou nuwe Zoeloe-buurvrou gesels ... daar is deesdae tonne hulpmiddels as jy ’n nuwe taal wil aanleer. 

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.