Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Donderdag, 12 Julie

As jy vandag nie kans gehad het om op hoogte te bly van die jongste nuus nie, het ons vir jou 'n lekker oorsig van die dag se interessantste nuushoogtepunte.

Amor Vittone. Foto: CORNEL VAN HEERDEN

1. Hoë hof onthef Joost se broers as J9-trustees

Die twis tussen die familie van die ontslape Springbok-rugbyspeler Joost van der Westhuizen en sy vervreemde vrou, Amor Vittone, het ’n nuwe kinkel bygekry toe die hooggeregshof in Bloemfontein Joost se twee broers as trustees van Joost se J9-trust onthef het.

2. KYK: Sjoe! Rolanda Marais lyk nes Carike Keuzenkamp

Hoeka toeka ja ja! Dit lyk mos of die sangeres Carike Keuzenkamp ’n dubbelganger het.

3. Woedende betogers saai chaos in Kimberley

Chaos het Donderdag in Kimberley uitgebreek toe inwoners die stad se strate ingevaar het om teen swak dienslewering te betoog.

4. Trump kom in Brittanje aan vir gesprek en tee met koningin

Pres. Donald Trump het Donderdag in Brittanje aangekom vir gesprekke met politieke leiers te midde van betogings oor Brexit – en ook vir tee saam met koningin Elizabeth.

5. Deurbraak: ‘Spookdeeltjie’ tot by kosmiese bron nagespoor

Sterrekundiges kon vir die eerste keer die oorsprong van ’n kosmiese neutrino of “spookdeeltjie” met die hulp van 20 teleskope nagespoor tot ’n enorme gravitasiekolk wat die deeltjie byna 4 miljard jaar gelede uitgeskiet het.

Die polisie tree tussen beide. Foto: Felix Dlangamandla

6. KYK: Koelkop Kallie buite hof waar chaos uitbreek

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het koel en kalm gebly terwyl daar in sy gesig geskree is en ’n skermutseling buite die hof ontstaan het oor sy teenwoordigheid by Duduzane Zuma se hofverskyning Donderdagoggend in Randburg, Johannesburg.

7. SA se Raven in Wimbledoneindstryd

Suid-Afrika se Wimbledon-bonanza hou net aan gee en gee.

8. Mag ons krities wees oor Madiba se nalatenskap?

Suid-Afrikaners mag krities wees oor oudpres. Nelson Mandela se nalatenskap, maar sal hulself ook ’n paar indringende vrae moet vra, skryf Leslie van Rooi.

9. ’n Jonger vel? Doen gesig-joga - soos Meghan!

Soek jy ’n gesonde en jong vel? Hier's ’n goedkoop oplossing. Botox, vullers en plastiese chirurgie het ’n goedkoop mededinger wat jy sommer in jou huis kan doen. Dit klink miskien ’n bietjie verspot, maar dit lyk asof “gesig-joga” deur die wetenskap ondersteun word.  

10. Wimbledon: Serena stoomroller Goerges

Jy moet simpatie hê met die Duitser Julia Goerges. Sy het Donderdag vir die eerste keer ooit in ’n Wimbledon-halfeindronde gespeel en gehoop om ’n eindstrydafspraak met haar landgenoot Angelique Kerber te maak.
Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.