Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees stories: Donderdag 12 September 2019

Besige dag? Haal 'n bietjie in met hierdie 10 belangrike nuusstories vir Donderdag 12 September 2019.

1. OORSIG: 'Halfmiljoen mense sedert einde van apartheid vermoor' wys statistiek

Suid-Afrika se jongste jaarlikse misdaadstatistieke is Donderdagoggend amptelik uitgereik. Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, en die res van die polisie se topbestuur het die statistieke vir die 2018-'19-boekjaar amptelik tydens 'n sitting van die portefeuljekomitee oor polisie bekend maak.

2. Pa in Karoodorp kry dooie baba in dogter (22) se kas

Die polisie in Graaff-Reinet in die Oos-Kaap doen ’n geregtelike doodsondersoek nadat die lyk van ’n pasgebore baba Woensdagaand in die kamer van ’n jong ma aangetref is.

Johann Rupert Foto: Cornel van Heerden

3. Só daal Johann Rupert se salaris by Richemont

Johann Rupert, voorsitter van Richemont, se vergoeding het met bykans 12% in die pasafgelope boekjaar gedaal. Die jaarverslag vir die boekjaar tot einde Maart toon Rupert het 2,7 miljoen Switserse frank verdien. Dit is in vandag se wisselkoers gelykstaande aan R39,9 miljoen.

4. Vermoorde se broer help vrou, baba langs die pad

Die vermoorde Natasha Mans se broer het vandeesmaand tot die redding van ’n ma van Kaapstad en haar dogtertjie gekom toe die meisie in haar ma se motor op ’n besige pad in die Kaap verstik het.

Nicholas Ninow Woensdag in die hof.Foto: Deaan Vivier

5. Ninow het vooraf gedagte gehad om seks te hê, sê staat

Nicholas Ninow het in sy kop reeds die gedagte geformuleer dat hy sal seks hê, maak nie saak met wie nie. Hy sou sy seksuele lus bevredig.

6. Hlaudi: Ek kon niemand self aanstel nie

Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, sê dit was nie hy wat sy eie salaris met miljoene rand verhoog het of onbehoorlike aanstellings gemaak het nie, want dít is die verantwoordelikheid van die menslikehulpbronne-afdeling.7. Boerboel help ma om haar kind uit pitbull se kake te red

“Toe ek my dogtertjie se gille hoor, was my eerste gedagte dat sy die slagoffer van ’n xenofobiese aanval is. Maar toe ek om die hoek hardloop, sien ek hoe ’n pitbull haar aanval en hoe die ander kinders vreesbevange weghardloop.”

8. Aftreeoord-twis eindig in skade-vergoeding vir laster

Die sonde wat in ’n Vrystaatse aftreeoord uitgebroei het, het daartoe gelei dat ’n voormalige bestuurder van dié oord skadevergoeding van R30 000 aan ’n bekende prokureur in Welkom moet betaal.

9. Seun (4) uit ouers se sorg gehaal omdat hulle chemo weier

’n Vierjarige seuntjie in Amerika is uit die sorg van sy ouers gehaal omdat hulle weier dat hy chemoterapie vir sy leukemie kry en hom self dokter met onder meer daggaolie.

Paballo Francis (17) wat die naweek weens ’n aneurisme dood is, was ’n talentvolle netbalspeler wat vir die sport geleef het.

10. Netbalspeler (17) sterf in haar slaap weens aneurisme

“Paballo was werklik ’n talentvolle en pragtige kind en ons skool is in rou gedompel,” sê Handré Alberts, hoof van die Hoërskool Staatspresident Swart in Brandfort. Alberts sê Paballo Francis (17) het die naweek van hoofpyn gekla. Sy het Saterdag in die bed geklim en in haar slaap gesterf

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.