Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 13 Augustus 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Donderdag 13 Augustus 2020. 

1. Cyril gee sterk aanduiding vlak 2 kom

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag ’n sterk aanduiding gegee dat die staat van inperking afgeskaal sal word ná mediaberigte dat die land dalk nog vandeesweek na vlak 2 kan beweeg.

2. Al hoe meer vrae oor Nathi Mthethwa

Suid-Afrikaanse rugby is in ’n stryd teen tyd om sy spelers wedstrydgereed te kry vir ’n beplande terugkeer tot die speelveld teen die middel van September.

3. President skors direkteur-generaal

Pres. Cyril Ramaphosa het dr. Dovhani Mamphiswana, direkteur-generaal van die Staatsdienskommissie, as voorsorgmaatreël geskors hangende die uitkoms van dissiplinêre prosedures teen hom.

4. Kiks-hospitaal maak gereed om te sluit

Pasiënte in die veldhospitaal in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) sal van Vrydag begin om oorgeplaas te word na die Brackengate- tydelike hospitaal.

5. Honderde soek deurnag na seun (3) van Houtbaai

Daar is nog geen teken van die driejarige kind van Houtbaai wat Maandag vermoedelik ontvoer is nie.

Adv. Busisiwe Mkhwebane

6. Mkhwebane ‘minag’ LP’s, hoor hof

Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), is volgens haar regsverteenwoordiger erg bekommerd oor die “dun verbloemde minagting” teenoor LP’s wat sy bespeur in adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), se interdikaansoek om die parlementêre proses om haar uit haar amp te verwyder, dringend te stuit.

7. Hoekom prof meen Trump gaan dié keer verloor

Vir baie speel meningspeilings ’n beduidende rol in die voorspellings oor wie die Amerikaanse presidentsverkiesing gaan wen. Daar is wel een man wat die kwessie van ’n heel ongewone hoek benader. Leopold Scholtz kyk na dié dwars akademikus se voorspelling.

8. Mantashe ‘moet skuld kry vir beurtkrag’

Waar is die bykomende krag wat pres. Cyril Ramaphosa in Desember belowe het die staat “dringend” sal verkry om beurtkrag te vermy?

9. Man wat glo SA dokter vermoor, sê hy onthou niks

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy ’n Suid-Afrikaanse dokter in Kanada vermoor het, sê hy is siek en kan nie enige besonderhede oor die aanval onthou nie.

10. 'Xander is nie regverdig verhoor', regspan wil appelleer

Xander Bylsma se regspan meen die 21-jarige veroordeelde dubbele moordenaar het nie ’n regverdige verhoor gehad nie omdat sy regte geskend is.


Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.