Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 14 Januarie 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Donderdag 14 Januarie 2021.

1. Verskaffer van ivermektien: Dosis sal veilige perk ‘ver oorskry’

Die konsentrasie van ivermektien wat nodig sal wees om die koronavirussiekte teen te werk, sal die dosis wat as “veilig” beskou word “aansienlik oorskry”, het een van die wêreld se vernaamste biofarmaseutiese maatskappye Woensdag aan Netwerk24 gesê. Hulle soek dus na alternatiewe.

2. Skole: Uitstel sal ‘strook met vorige besluit’

Die heropening van skole is verlede jaar uitgestel weens stygende koronavirusinfeksies, daarom sal ’n besluit om die heropening van skole onder dieselfde omstandighede uit te stel, “konsekwent” wees.

3. Die A tot Z van SA se entstowwe

Moet jy jouself laat inent as jy reeds Covid-19 gehad het? Keer die entstof ook dat jy die virus versprei – en wat is die plan met die inentings? Jana Marx het met kenners gesels.

George Booker Foto: Verskaf

4. Private speurder veg om sy lewe teen Covid-19

’n Private speurder van Heidelberg in Gauteng veg tans om sy lewe in die hospitaal nadat hy Covid-19 opgedoen het.

5. Beurtkrag van Donderdag tot Sondag

Eskom gaan van 12:00 Donderdag tot Sondagaand fase 2-beurtkrag toepas nadat talle eenhede by sy steenkoolkragstasies onklaar geraak het.

6. Britte begin petisie vir Leeus-toer om in SA voort te gaan

Britse en Ierse Leeus-ondersteuners het ’n petisie aanlyn begin wat ’n beroep doen dat vanjaar se toer in Suid-Afrika tot 2022 uitgestel word eerder as om dit in Brittanje aan te bied.

7. Oud-TV-aanbieder in ‘Getroud met rugby’

“My rakleeftyd is lánkal verby, so dit was vir my ’n groot verrassing.”

8. Ondersteun só mense wie se geliefdes sterf

Die pandemie ontneem mense nie net fisieke kontak met mekaar nie, maar ook die geleentheid om van geliefdes afskeid te neem en die rouproses af te handel.

9. Trump weer in staat van beskuldiging – wat nou?

Pres. Donald Trump van Amerika het Woensdag die eerste Amerikaanse president geword wat vir ’n tweede keer in ’n staat van beskuldiging geplaas is.

10. Wat nou oor registrasie van huwelike?

Wat nou vir paartjies wat wil trou? Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het Dinsdag gesê huweliksregistrasies is opgeskort te midde van die skerp styging in sterftes.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.