Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Donderdag, 14 Maart 2019

Hier is 'n bondige oorsig van die dag se grootste nuusgebeure waarvan jy moet kennis neem.

1. Standard Bank: 91 takke teen einde Junie gesluit

Standard Bank gaan nie net 50 van sy takke in Gauteng sluit nie, maar 96 landwyd. Standard Bank het by navraag dié getal bevestig.

Bheki Cele Foto: Adrian de Kock

2. Polisiestaking: Cele wil nie ‘skadu-boks met gesigloses’

Bheki Cele, minister van polisie, sê daar is “geen bewyse” van ’n nasionale staking deur polisielede weens die agterstand in bevorderings nie.

3. Ooggetuie erken hy’t foto van Packham gesien

’n Tweede ooggetuie wat glo Rob Packham die aand van sy vrou se moord op die toneel gesien het waar sy in haar kar uitgebrand is, het aanvanklik vir die polisie verduidelik dit was ’n mengsel van ’n wit en bruin man, iemand lig van gelaat, tussen 30 en 35 jaar oud.

4. Opposisie skop vas oor veral een naam op SAUK-lys

Parlementslede het Donderdag agt kandidate vir die SAUK-raad gefinaliseer te midde van heftige teenstand van opposisiepartye oor veral een kandidaat.

5. KYK: Wat van swart rassisme, hè Danny K?

Lesego Tlhabi, wat bekendheid verwerf het as die satiriese vlogger “Coconut Kelz”, steek in haar nuwe video die draak met Danny K se twiet oor “wit bevoorregting”.

Ernst Roets, uitvoerende adjunkhoof van AfriForum. Foto: DEAAN VIVIER

6. AfriForum, IRV sit vas oor dokumentêr oor grond

AfriForum en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) stem nie saam oor ’n onlangse dokumentêre program oor die toekoms van grondeienaarskap in Suid-Afrika nie.

7. KYK: Mufasa grom vies in selle by polisiekantoor

Mufasa, die droster-leeu van die Karoo wat Woensdagnag in die polisieselle in Sutherland oornag het, is op pad terug na die Karoo Nasionale Park.

8. ‘Water gaan nog groter kwessie as grond raak’

In landboukringe word gevrees water kan in die toekoms nog ’n groter tameletjie as grondhervorming in Suid-Afrika word – onder meer omdat daar nie behoorlike bestuur van die waterbronne is nie.

9. Yzerfontein het dapper nuwe tuiniers

Die volstruise van die kusdorpie Yzerfontein in die Wes-Kaap, wat bekend is daarvoor dat hulle selfs in die see gaan swem, skud deesdae eerder hul vere reg om tuiniers te wees.

10. EKSKLUSIEF: Verslag oor Bird-eiland-boek uitgelek

'n Ondersoek is begin ná bewerings van 'n pedofiel-netwerk deur oudministers in die boek Die Seuns van Bird Island. ’n Private ondersoeker kon geen bewyse vind dat genl. Magnus Malan en Barend du Plessis (79) betrokke was by seksorgies met jong seuns nie.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.