Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 16 Januarie 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Donderdag 16 Januarie 2020.

1. Sonder hoër tariewe kan Eskom ineenstort, hoor hof

Die saak gaan oor ’n nasionale krisis en die toekoms van Eskom. So het adv. Matthew Chaskalson SC, vir Eskom, Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria aangevoer in die kragverskaffer se dringende aansoek waarin hy vra dat dié hof die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se besluit tersyde stel om R69 miljard se staatshulp van Eskom se inkomste vir die huidige driejaar-tariefperiode af te trek.

2. Necsa ‘het nie geld vir salarisse, betalings aan Eskom’

Die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika (Necsa) het nie genoeg geld om in Januarie salarisse te betaal nie. Hy het ook nie geld om Eskom, een van sy krediteure, te betaal nie.

3. Skoknuus: Telkom wil 3 000 mense aflê

Telkom gaan tot 3 000 van sy 9 509 personeellede – nagenoeg ’n derde van sy arbeidsmag – aflê.

4. EFF-leier in Limpopo vas ná mense hutte brand

Die EFF-leier in Limpopo is vir opsetlike saakbeskadiging en diefstal in hegtenis geneem nadat hy in Seshego buite Polokwane glo by bendebedrywighede probeer ingryp het.

5. ANC tik Tito op vingers oor Reserwebank-twiets

Tito Mboweni, minister van finansies, het hom weer eens tot sosiale media gewend om die onafhanklikheid van die Reserwebank te verdedig, maar in die proses die politieke party waaraan hy behoort, die ANC, omgekrap.

6. Groot operasie lê voor vir beseerde Driehoek-meisie

Cheverné Duvenage (14) het vanjaar gr. 9 aan die Hoërskool Driehoek begin nadat sy ná die brugtragedie verlede jaar sowat drie maande in die hospitaal was

7. Rentekoers: Wat ekonome Donderdag verwag

Die Reserwebank moet voldoen aan sy mandaat en die rentekoers verlaag. Dís die standpunt van Lumkile Mondi, senior lektor in die ekonomie aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), wat sommer ook die dapper voorstel maak dat die monetêrebeleidskomitee (MBK) die rentekoers Donderdag met 0,5 van ’n persentasiepunt verlaag

8. KYK: Nee, kameraad! Jou ander links!

’n Video waarin die Suid-Afrikaanse polisie nie hul links van hul ander links ken nie, maak sedert Dinsdagoggend opslae op verskeie sosialemediaplatforms.

9Deloitte se onderrok gelig oor Eskom

Duisende ure se werk deur ’n span van 42 mense sonder dat ’n kontrak gesluit is, behoort die gevaarligte helder te laat flikker. Só skryf amaBhungane se Susan Comrie ná haar ure lange onderhoud met Thiru Pillay, besturende direkteur van Deloitte se bedrywighede in Afrika.

10. Faf beter as dít – Herschelle Gibbs

Faf du Plessis is ’n beter speler as sy onlangse vertonings, maar nog ’n teleurstellende telling kan die druk teen hom laat oplaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.